Besoekers tot op hede

Tuesday, March 27, 2012

KINDERS IS SOMS WREED

Kinders kan soms so wreed wees teenoor mekaar - soms omdat hulle so eerlik is en se wat hul sien en dink. Daar is die kere wat hulle wreed is om te boelie of spot - in meer as een vorm.

Dit is ons as ouers se plig om so ver ons kan ons kinders te leer hoe om sulke dinge te hanteer wanneer hulle aan die ontvang kant is - net so om hulle ook te leer om nie te se en doen aan ander wat hulle nie aan hulself gedoen wil he nie - ek leer altyd my kinders om voordat hulle iets doen en se te dink - HOE SOU EK GEVOEL HET AS MY MAATJIE DIT VIR MY GESE HET? OF DIT AAN MY GEDOEN HET?

Dit was skoolvakansie en 'n groepie kinders het op my mat gesit (hulle ouderdom het verskil) - ons het sommer gesels oor groente en vrugte. Daar was 'n seuntjie van 5jaar - ek het om gevra of 'n wortel groente of vrugte is? Hyt geantwoord "oranje" - die tweeling van 3jaar oud het vreeslik begin lag en gese "ag jy is baie dom" - ja 'n kind is net 'n kind. Daar is kere wanneer ons nie besef hoe wreed kinders teenoor mekaar is en wat dit aan hulle doen nie - die seuntjie van 5jaar het onder 'n tafel gaan sit en wou nie sy oe oopmaak nie en het bitterlik begin huil. Die tweeling was net eerlik en het nie besef dat hulle eintlik sy gevoelens baie seermaak nie - dit was 'n lessie wat hulle daardie dag geleer het deur sy reaksie te sien. So ook het die 5jarige seuntjie nie besef dat hulle klein is en dit nie so hard bedoel het nie. Soos ons as volwassenes ook maar uit situasies lewenslesse leer is die lewe so ook vir kinders 'n leerskool.

Ek hoor van 'n seun diep in die laerskool. Hy behaal A span in sport omdat hy die talent het. Tans gaan dit finansieel nie so goed by hulle nie. Blykbaar het een van sy maats een middag na skool by hom gaan speel - die maat kom uit 'n ryk ouerhuis waar alles is wat oop en toe kan maak - net die beste van alles. Die gewone playstation en gewone troeteldiere is vir hulle nie genoeg nie - alles net die beste en duurste (waarmee geen fout is nie) - dis net dat daardie maat nie geleer word wat werklik in die lewe belangrik is nie. Volgens die storie is die seun wat tans deur 'n moeilike tyd gaan se dstv tydelik af - die volgende dag by die skool het die A span daarvan gehoor en het die maatjie wat so ryk is almal ingetrek om daardie kind te bespot met "julle het nie eers dstv nie" ens ens - een van die ander kinders "nooi" toe die "arm seun" om saam snoepie toe te gaan en wys dat hy R40 het. "kom ek sal vir ons iets gaan koop dan voel jy beter" - by die snoepie aangekom begin die kind lag en se "ha ha ek sal nie regtig vir jou iets koop nie jys te arm" Sjoe julle dit laat mens besef wat ons vir ons kinders moet leer - LIEFDE EN GELUK is baie meer werd as geld! Ons moet ons kinders leer om respek te he vir alle kinders en mense maak nie saak of hul ryk of arm is nie of wie of wat hulle is nie. Ons kinders moet leer om te waardeer wat hulle het en liewer te deel as om te spog - hulle moet ook leer dat dit enige tyd van hul weggevat kan word omdat niemand van ons weet wat die dag van more inhou nie.

Sjoe julle, hierdie storie het my laat besef dat ek oor en oor my kinders moet leer DINK EERS HOE SOU EK VOEL AS MY MAATJIE DIT AAN MY GEDOEN HET OF VIR MY GESE HET.

Natuurlik is dit ons kinders se voorreg om playstations dstv en wat ookal te mag he - solank hulle dit waardeer en die mooi in die lewe nog kan raaksien - die reendruppel op n blom - 'n klein diertjie, die natuur die glimlag op mamma se gesig omdat die kind iets vir haar wys. Drukkies en lag en liefde. DAN om nooit ooit te dink hy is beter omdat hy meer het as ander nie.

Kinders bly maar kinders - maar ons as ouers moet hul leer van reg en verkeerd en hoe om almal te respekteer.

No comments:

Post a Comment