KOM ONS HOU PARTYTJIE!!
Slapies word afgetel... oe die wonderlike gevoel wat 'n kind het wat weet hy/sy verjaar! Om daardie dag spesiaal toe voel en oe daai geskenke : ) dan die partytjie - kinders is mal oor partytjies.
'n Partytjie kan op soveel plekke gehou word :
By die huis in die tuin (waar 'n springkasteel gewoonlik lekker fun is)
Piekniek partytjie by die parkie of botaniese tuin
Daar is soveel venues wat gehuur kan word
Dan is daar die Spur partytjies....
Nog vele meer plekke is geskik om 'n lekker partytjie te hou.
Belangrik is om maar 'n "plan B" te he as jy bv 'n swem partytjie gaan he en dit dalk daardie dag koud is en reen.
Feestelike atmosfeer word veral geskep deur versierings en ballonne en in elke tema is daar soveel beskikbaar - ook wat jy self kan maak. Kleurryke plakkaat wat by die tema pas en se "welkom by my partytjie"
Servette,papierborde,bekers,tafeldoek,naamkaartjies,pakkies vir elke maatjie kan gekoop word of sommer self gemaak word dat dit by die tema pas. Kinders hou daarvan wanneer dit helderkleurig is.
Goeie idee is om 1 of 2 ekstra van alles te he,ingeval 'n ekstra maatjie/boetie/sussie ook saam kom.
A4 prent wat by tema pas met elke kind se naam op sy eie wat gelamineer word kan by die tafel gesit word vir plekmatjie dan kan elke maatjie dit ook huis toe neem.
Die verjaarsdagpartytjie is baie spesiaal vir die kind wat verjaar,en moet hy/sy ekstra spesiaal voel. "n goue kroon kan sommer self gemaak word en met speletjies kry die verjaarsdag maatjie natuurlik die eerste beurt. 'n Partytjie is ook groot opgewondendheid vir maatjies wat in die pret kom deel - hulle moet ook spesiaal voel. Gee vir hulle 'n klein ietsie om huis toe te neem wat se "dankie dat jy by my partytjie was"
Dit kan 'n klein pakkie lekkers wees
pakkie lekkers met 'n balon of klein speelding in
iets wat by tema pas kan ook werk bv as dit goggas is kan 'n gogga boksie oulik wees
Toiletrol kan mooi versier word en binne kan balon en lekkers wees.
Hier is ook baie ander idees - kom deel dit asseblief met ons.
VIR EERSTE VERJAARSDAG MAATJIES IS 'N PAKKIE MET 'N PURITY SAPPIE, KLEIN PAKKIE FLINGS EN 'N PURITY NAGEREG BOTTELTJIE IN BAIE OULIK.
EERSTE PARTYTJIE - 1 jaar oud!!
Hulle weet nog nie hulle verjaar nie,maar mamma weet en is so trots dat boet/sus nou al 'n volle jaar oud is! (ai tyd vlieg darem maar gou). Soms word so partytjie net met familie gehou, soms saam maatjies. Gee met die partytjie 'n cupcake vir die verjaarsdag maatjie wat hy/sy met hartelus kan lek,druk,krummel en lekkerrrrrr mors! - want mamma,ek word net 1x 1jaar oud! Neem fotos! Sulke kleine maats hou daarvan om met balle te speel, baie van hulle geniet die sandput en sal mal wees daaroor as iemand borreltjies blaas vir hulle.Sommige maatjies sal ook die klei baie geniet - maar dit gaan maar gewoonlik soos die sand mond toe : )
Vermaak op partytjies kan baie dinge wees
Swem
Speletjies speel
Springkasteel
Waterwurm
Towenaar
Nar
Ponies
Poppekas
Klei in bakkies wat hulle huis toe kan vat
Gesigverf
Borreltjies blaas
Balonne
Inkleurprente wat by tema pas.
Elkeen self bv sy eie pizza maak
Eie worsie braai vir boerewors rol
Mariekoekies met versiersuiker ens versier.
Die 1-3jaar maats sal balle, skopfietsies,trek en stoot speelgoed geniet asook swaai en klimraam die sandput geniet hul ook - toesig belangrik omdat hul maklik mekaar met sand gooi.
SPELETJIES:
Hier is 'n paar speletjies - Die meeste is van 3jaar +
(Onder 3jaar geniet ring around a rosie)
Musical chairs
Die donkie prent waar die stert met ogies toe op die regte plek gesit moet word (donkie kan vervang word met 'n prent wat by tema pas)
Vissie vang:
Maak 'n visstok met 'n lyn met magneet onder, dan maak vissies (kan sommer geprint word) elk met 'n paperclip op en 'n nommer. Maatjies vang dan vissies - die magneet sal die paperclip trek. Die vissie wat gevang is het 'n nommer en elke nommer het 'n prys bv suigstokkie,ballon ens.
Boontjiesakkie stuur:
Almal sit in 'n kring.
in die middel staan 'n kind en speel musiek
sodra musiek stop - bly almal botstil sit en die een wat dan die boontjiesakkie het kry dan weer 'n beurt om in die middel musiek te maak.
Seepbelkompetisie:
Meng beker water goed met vloeibare seep
elke kind kry glasie half vol seepwater
Die kind wat met strooitjie die grootste bol skuim in glasie blaas is die wenner.
Balletjie blaas:
Kinders maak 2 spanne en staan weerskante van tafel
Sit tafeltennisballetjie in middel van die tafel.
Die spanne blaas om die balletjie aan die kant van die teenspelers te laat afval.
Fluister-fluister:
Almal sit in 'n kring
Verjaarsdagmaatjie begin iets fluister in maat langs hom se oor,dit wat maat hoor moet hy weer in maat langs hom se oor fluister - so gaan dit aan totdat die maat aan die ander kant van maatjie moet se wat het hy gehoor.
Dit kan sinne wees soos - Sannie sleep sewe sakke sout of klein kraai wag om die draai.
Die koek is die verjaardagmaatjie se keuse - die koek bepaal gewoonlik die tema. (iets waarvan die kind baie hou bv die plaas of Dora of Nemo ens ens)
Barney ,teletubbies en Lollos is gewoonlik die 1ste 3jaar vir die kleintjies hulle gunsteling.
Die tafel met al die eetgoed hang ook af van die ouderdom asook of daar mammas ook gaan wees. Kinders hou van die soete dinge maar is net so lief vir southappies. Hier is 'n paar idees wat op die tafel kan kom vir kinders sowel as mammas (en pappas):
VRUG-SOSATIE:
Sny piesang in skywe
sprinkel suurlemoensap oor
sny ander vrugte in blokkies
ryg ook ander vrugte op tande of sosatiestokkies .
KAASSTOKKIES:
1 k gerasperde kaas
knippie sout
1 eier
2 eiergele
175g koekmeelblom
75g botter
voorverhit oond 180C
Sif meelblom en sout saam.
Vryf botter in
Bind mengsel met eier.
Rol uit en sny stokkies of rol in balletjies.
klits eiergele en smeer die deeg daarmee
Bak 10-15min
PEUSELSTOKKIES:
Maak klein sosaties - ryg blokkies op tandestokkies -
weense worsies
blokkies kaas
pynappel blokkies
kersietamaties
suuruitjies
KAASBALLETJIES:
250g kapok-aartappels
250g gerasperde kaas
1 eier
60g koekmeelblom
3ml bakpoeier
knippie sout,paprika en peper
gedroogte broodkrummels
olie
Meng alles saam en vorm balletjies. rol balletjies in gedroogde broodkrummels.
Verhit olie en braai in diep kastrol tot goudbruin.
WAATLEMOENBALLETJIES is ook 'n lekker happie
BILTONGBLOKKE:
Sny brood in dik snye en sny korsies af.
Sny elke stuk in 6 blokke.
Meng botter/margarien met marmite en bedek die blokke daarmee.
Rol dan in fynbiltong.
BROODSPINNEKOPPE:
Sny klein mini broodrolletjies deur.
Smeer margarien en sit gerasperde kaas op.
Steek niknaks aan die kante om bene ten pote te maak
2 rosyne vir oe
RYSVLOKKIEROOMYS:
20g margarien
10 malvalekker
halwe pak rice krispies
roomyshorinkies
Smel margarien en malvalekkers saam
voeg rysvlokkies by en meng goed.
Vorm bolletjies en sit bo-op roomyshorinkies.
BILTONGALBASTERS:
Gele van 3 gekookte eiers
225g maaskaas
gerasperde biltong
Vryf eiergele deur 'n sif. Meng met maaskaas.
vorm balletjies soos albasters
rol die balletjies in gerasperde biltong
plaas eers vir ongeveer 2 uur in yskas
Sit op tandestokkies voor.
JELLIELEMOENE:
1 pakkie jellie
lemoene
Sny lemoen middeldeur
Druk die sap uit en verwyder die vesels.
Maak jellie aan en vul die lemoendoppe daarmee.
Laat jellie stol
Sny elke halwe jellielemoen in die middel deur
Kom deel asseblief julle idees ook met ons
2 -3 ure is gewoonlik lank genoeg vir 'n partytjie.
Om jou eie borreltjies te maak:
ReplyDeleteVerdin goedkoop shampoe effens met water maar nie te dun nie. Gooi in botteltjies.
GESIGVERF
1 bottel goedkoop "aqueous"room
poeierverf.
verdeel room in houers
Meng die verlangde kleure met room
Die verf was maklik af en beskadig glad nie die vel nie