Speelgoed wat hande "slim en sterk" maark, vingertjies voor begin berei op skrif - kom ons kyk na daardie speelgoed:
BLOKKIES is baie goeie oefening vir handjies. Die kleiner blokkies wanneer die peuter 'n kleuter word verg redelike spierkrag om die blokkies inmekaar te druk en weer uitmekaar te haal.
RYG van krale ens is uitstekende oefening vir oog -handkoordenasie.
Vingerspiere kry goeie oefening wanneer proppe en deksels op en afgeskroef word.
VETKRYT EN POTLODE gee ook oefening aan vingers en handjies wanneer geteken word. Om uit tydskrifte prente te skeur of knip is ook aktiwiteite wat help om oog-handkoordinasie te verbeter.
VERF is natuurlik groot pret vir kleuters. Strepe kan met die vingertjies geverf word,of kolletjies met vingerpunte gedruk word. Hand of voet kan geverf word en dan op papier gedruk word.
PENNETJIEBORD is baie goeie oefening vir hande!
LEGKAART bou is wel goed vir perseptuele vermoens,maar is ook baie goed vir handfunksie om al die dele inmekaar te pas.
KLEI wat gerol,druk en trek word is altyd lekker vir kleuters om mee te speel veral wanneer koekdrukkertjies ook gebruik kan word. Die klei verskaf goeie oefening vir vingertjies.
BALSPELETJIES is belangrik en bevorder oog-handkoordinasie. So ook die speel met BOONTJIESAKKIES.
Nog 'n idee om daardie handfunksie oefening te gee is 'n slaansak. Ook help dit met oog-handkoordinasie asook tydsberekening. Natuurlik hou die slaansak ook die voordeel in dat 'n gefrustreerde kleuter so van sy aggressie ontslae kan raak.
Wanneer sussie haar POP aan en uit kan trek gee dit haar hande lekker oefening. Ook as sy daardie klere was, self probeer om dit uit te droog en op te hang met die wasgoedpennetjies.
VINGERPOPPIES is 'n oulike idee wanneer die kleuter stories met sy vingertjies vertel.
INKLEUR gee goeie oefening vir hande en wanneer daar probeer word tussen die lyne inkleur is dit voorbereide oefening vir skrif, oog en hand leer so om beter saam te werk.
SPEELGOED SELFOON kan vir daardie hande lekker oefening gee wanneer 'n nommer "gebel" word en die vingertjies elke knoppie vir die nommer druk.
Lekker speel! : )
No comments:
Post a Comment