Besoekers tot op hede

Sunday, February 12, 2012

.... En toe is daar kinders ......

Daardie eerste gevoel van 'n "vlinder" in jou maag- jou hart wat so lekker warm klop en jou gedagtes word oorgeneem deur een mens. Die son skyn mooier, blomme ruik ekstra lekker,voeltjies sing mooier en jys heeltyd in 'n vriendelike bui omdat jy die glimlag van jou gesig nie kan keer nie - jys verlief! Watter wonderlike gevoel!! Jy sien uit na elke afspraak - doen moeite om die hare mooi en reg te kry, die gesig kry ook natuurlik baie aandag om die lippe en oe op hul mooiste te maak. Klere word dae vooruit beplan. Jy moet onweerstaanbaar lyk en alles moet net perfek wees. Sorgelose dae van etes en fliek, gesels tot die son amper weer moet opkom.  Om verlief te wees is darem maar so lekker!! Om in daardie persoon se oe te kyk en geen fout te kry nie - amper volmaak. Liefde wat jy met jou hele wese voel. Daardie romantiese etes waar jy ure voor die tyd mooi moet maak omdat jy wil word op 'n dag soveel anders want toe is daar kinders. Romantiese etes verander in etes tuis gewoonlik koue kos omdat jy nie kon eet nie want baba het gehuil. Ure spandeer sodat jy mooi kan lyk het verander in klere oor jou kop gooi n borsel deur jou hare te trek en dan weer daar te wees vir baba - die heerlike soete parfuum reuk word vervang met 'n blerts van baba se uitgespoegte melk op jou skouer. Ure se gesels totdat die son wil opkom het verander in ure se winde uitvryf en op en af stap deur die huis met 'n huilende baba. Daardie eindelose energie van tye in jou dae van verlief wees word vinnig verander in moegheid wat jy nooit geken het nie. Daardie mensie hou jou wakker - jy slaap byna nooit. Dag in en dag uit. Later is baba skool toe en volgende baba is in die huis. Tussen doeke, bottels en winde uitvryf moet Boeta se kosblik gepak word vir skool, moet oueraand bygewoon word en dan is daar die rugby waarna Boeta so uitsien en dus word die doeksak gepak, die waentjie gelaai en is almla daar om Boeta te sien rugby speel. Terwyl jy langs die veld op en af stap en sus want baba is moeilik in die vreemde omgewing. Terug tuis le die hoop wasgoed nog en wag - sodra baba slaap is dit die kans om dit gou te was - van klippe,tot goggas , papiere en albasters moet eers uit Boeta se sakke gehaal word voordat sy broeke in die was kan kom. Skaars begin dan huil baba weer en Boeta roep hyt hulp nodig met huiswerk. Soms kry jy nie kans om te dink nie - jys net te besig en wonder dan waar is daardie romantiese sorgelose dae heen? Vanaand wanneer alles en almal stil is en rustig slaap gaan kyk jy na daardie engeltjies wat so soet slaap en dan weet jy dis selfs nog lekkerder as romantiese sorgelose dae - dis jou rykdom, jou lewe en jou eie ......

No comments:

Post a Comment