Besoekers tot op hede

Tuesday, February 7, 2012

WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT

Hierdie is in Stropieland se prospektus :

WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT

Wees versigtig met wat jy vir jou kind sê,
omdat dit wat jy sê, in sy denke vasgelê word.
en vir altyd deel word van sy gevoelswêreld.

Kies jou woorde versigtig,want woorde
het die vermoe om jou kind se selfwaarde
te versterk of af te breek,
om seer te maak of te inspireer
om aan te moedig of te ontmoedig! 

My kinders het die voorreg om hul Gr R jaar by Stopieland te doen by 'n wonderlike juffrou Selma. Hierdie woorde leef sy so mooi uit in haar klassie. Dit is wat elke kind verdien, by die skool en veral tuis. Ons as ouers is ook net mense en raak soms kwaad, moeg en moedeloos - voordat ons te vinnig praat in woede moet ons eers 'n sekonde stil raak en dink - "hoe sou ek gevoel het as iemand dit vir my gesê het?" Woorde van lof en prys laat 'n kind goed voel oor homself en versterk daardie gedrag wat met soveel lof en prys aangespreek word. Ongelukkig is dit so dat negatiewe woorde die selfbeeld kan afbreek en skade doen nou en altyd. Daardie woorde sny diep wonde in die kinderhart.  Een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee is om hom groot te kan maak deur sy selfwaarde te versterk om hom aan te moedig om te leer en met 'n vrolike hart te leef om in homself te kan glo sodat hy as volwassene die lewe vierkantig in die oe kan kyk en weet hy is uniek en spesiaal.

No comments:

Post a Comment