Hier is nou geen feite of inligting in die skrywe nie - dit kom so uit die pen van 'n mamma.
Om 'n mamma te wees betken jou hart loop buite jou lyf rond - want kyk, niemand kan vir jou kindertjie voel wat jy voel nie. Dis 'n onvoorwaardelike liefde. Is jou kind nie die mooiste ooiste in die wereld nie? Natuurlik!
"n kind is 'n wonderlike geskenk. As mamma vertroetel en versorg jy daardie splinternuwe kleine baba. Jy kan skaars jou oe afhou van daardie pasgebore baba en daardie eerste huil kan jy nog onthou so vars na die geboorte. Om 'n mamma te wees is regtig harde werk, maar oe so wonderlik!
Jy gaan saam jou kind deur elke fase - geboorte, 3maande, 6maande - waar jy in daardie tyd kennis maak met huil, doeke , winde, eerste smile, lag later begin sit, kruip, staan en loop. Daardie eerste woord - wat 'n voorreg!
Dan kom die oulike sê goed! Asook alle idees en wil van 'n peuter en kleuter. Kyk om 'n ma te wees beteken jy ken 'n nuwe taal wat nog in geen boek geskrewe staan nie, want jy verstaan so hier en daar wat spruit sê. Jy LOVE elke woord - want dis JOU baba!
Moenie vergeet van voer nie - dis van eetstoel na loopring of waar jy ook jou kindertjie of baba voer. Jy trek snaakse gesigte, lag, maak geluide en doen wat jy ookal kan aan begin dink om daardie bekkie oop te kan kry om te hap!
Ons praat nie veel uit oor slaap nie - dis soms 'n "teer" saak - ag dis ok - ons bly hul lief! Al is daar al swart en duidelike kringe onder mamma se oë - al moet daardie mamma haarself uit die bed basies sleep om haar liggaam tot 'n regop posisie te kry, en is slaap 'n mooi herinnering van lank lank gelede.
'n mamma weet haar motor se ruite is vol "stempels" he he baba en kleuter se hande was daar!
Was mamma wasgoed kry sy vreemde dinge - dis asof die broeke van seuntjies se sakke gepak is met skatte - papiere, albaster, kleine klip, 'n stuk wat ookal, of dalk 'n karretjie.... om nie van goggas te praat nie!
Ons kindertjies is soos engeltjies - en elke tantrum en bui word so gou vergeet want hulle is ons spesiale geskenke - net ons sin!
Moet vertel van 'n paar dae terug. Speelgoed met "klokkies en liggies" is mos maar tops in die oë van babas en kinders. So het baba 'n sleutel - nogal cool - liggies en sing te oulik - was een van die boeties se sleutel op 'n tyd jare terug. Ag jinne maar sy speel so lekker daarmee. Sjoe, toe kom die aand - iewers is fout. Baba se sleutel sing en flits sonder ophou. Die lig is al verby flou - maar sing sing daardie sleutel. Later bekyk pa die sleutel. Nee sug pa, daar is nie 'n battery om uit te kan haal nie. Wel, sleutel sing non stop! aan en aan en aan.... Tyd om te gaan slaap... niemand kan slaap met 'n sing sonder ophou! Now what? Voor die huis is dit te naby aan die skaapkamers. Langs die huis aan albei kante is bure baie naby en agter ook - sing , sing die sleutel en stil kan hy nie! Nou ja, die oplossing was in die vrieskas!!!! Daar is sleutel vir die aand - niemand hoor die gesing! Die volgende oggend was sleutel darem stil! true story!
Kom deel asseblief julle wonderlike gevoel om 'n mamma te wees asook sulke gevalle soos onse sleutel.....
jammer, het bedoel slaapkamers en nie skaapkamers - : )
ReplyDelete