Besoekers tot op hede
Thursday, January 12, 2012
Wanneer baba nie wil begin eet nie
Wanneer baba nie wil eet nie, raak 'n mamma gewoonlik baie bekommerd. Gelukkig tot op 'n jaar is melkies nog baie voedsaam. Dis wel so van 6 maande af wat baba al begin eet. Soms voor dit en soms eers later - want elke baba verskil. As baba kos weier - stop eers vir 'n week of so en probeer dan weer. Daar is baie babas wat regtig nie van pap hou nie. Probeer dalk ook 'n ander tipe pap as baba dit weier. As dit steeds nie werk nie - probeer bv butternut. Dis regtig nie 'n probleem as baba in die begin pampoen in die oggend eet nie - solank baba gewoond raak aan die idee om kos van lepel te hap en aan die nuwe smaak en tekstuur gewoond kan raak. Vrugte werk gewoonlik goed - maar dis bietjie soeter as groente en mag baba dan nie maklik oor wil gaan na groente nie Wanneer baba reg is sal baba eet. Wanneer baba nie van 'n sekere iets hou nie soos dalk patat - moenie dit net los nie - probeer oor so 2 weke weer dan weer en weer - dit vat hulle maar soms 'n rukkie om aan al die smake en tekstuur gewoond te raak. Wanneer hul al vingerkos kan eet is dit vir hulle lekker om self die kos in hul hand te kan hou en self te eet. Dis baie belangrik om nie te probeer wanneer baba te honger (dors) is of moeg is nie. Voer hom wanneer hy rustig en gelukkig is. Hou net aan en deel met ons wat vir julle gewerk het.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dit voel of ons weer van vooraf moet begin "leer" eet. Leane' (9 maande) weier deesdae om enige purity/tuisgemaakte kosse en pappies te eet! As jy met 'n lepel naby haar mond kom knyp sy daai lippe TOE!! Al wat sy deesdae wil eet is kos wat sy self net haar hande kan vat en in haar mond kan sit.
ReplyDeleteMamma! Voer is vir babas! (ek joke net) - dis net dat Leane nou op die "wil self eet" fase is. Ek gaan bietjie happies idees kry en dit op die blog sit - deel asseblief joune ook met ons. Gee vir haar haar happies (vingerkos) sodat sy self eet - en dan speel jy maar so bietjie vuil ;) jy hou kossies by jou en nie met elke hap nie , maar kry jou kans so tussen in en wanneer die mond oop is om haar happie te hap voer gou een van jou happies. Dis maar net sodat jy min of meer gemoedsrus in jou hart het oor of sy darem genoeg inkry. Deel jou idees met ons as jy dalk iets het wat ook lekker werk : )
ReplyDeleteEk het al daardie "trick" probeer! Sodra ek iets in haar mond gesit het wat sy nie in gesit het nie het sy dit uitgespoeg!
ReplyDeleteEk het haar toe vir so week of wat gelos en net vinger kossies (melrose kasies/visvingers/veggie vingers etc) gegee, en vandag weer probeer met die pappies en purity....en sy het omtrent die bakkies uitgelek na elke ete.
Ek dink sy wou net 'n bietjie explore en was dalk "moeg" vir die pappies en purity kosse. Maar moet by se dat al het sy voorheen die pappies/purity geeet, het sy ook uit ons borde gepusel wanneer ons geeet het - so dit was dalk net nog 'n fase wat ons genadiglik oorleef het.
Want soos jy se, mens stres nogal en wonder kry sy genoeg vitamines/protiene ect in.
Nooit! he he madam is slimmer as ons! Ag is dit nie wonderlik hoe elke baba uniek is en reeds klaar hulle eie wil het nie? Ja, soms maak hul eie wil ons sommer lam - maar dis fantasties hoe hul van piepklein splinternuwe baba tot mensie groei. Wanneer ons ons oe uitvee is hulle groot :( Ek is so bly sy eet weer! (of sal ek se wat mamma haar gee om te eet : ) )
ReplyDelete