Hier is so ietsie oor ADHD wat ek met julle kan deel - daar is redelik baie websites as julle wil gaan google vir meer inligting en feite. Hierdie skrywe is omdat 'n mamma op ons blad daaroor gevra het. Groot asseblief , indien julle kennis het, deel dit met ons - ek glo hoe meer ouers hul kennis kan uitbrei hoe makliker sal dit vir hulle wees om ADHD te hanteer.
Wanneer 'n kind baie woelig is of selfs baie dagdroom en dus nie op 'n gegewe taak kan fokus nie word begin kyk of die kind dalk ADHD het. Daar is redelik baie "simptome" wat na gekyk word soos : (maar dit is so dat 'n kind nie al die simptome het nie en elke kind verskil)
DAGDROOM
AANDAG WORD BAIE GOU AFGELEI
STEUREND IN KLAS
WOEDEBUIE
STEEL
KOM MOEILIK OOR DIE WEG MET ANDER KINDERS
JOK BAIE
WORD BAIE GOU GEFRUSTREERD
IS VERNIELSUGTIG
MAAK BAIE GELUIDE
IS IMPULSIEF
HUIL MAKLIK EN DIKWELS
ONVOORSPELBARE GEDRAG
UITDAGEND
OPVLIEEND
BAIE GRETIG TEVREDE TE STEL
Hierdie is slegs maar 'n paar .
Gewoonlik sal 'n pediater na die kind kyk en vrae vra ens om te sien of dit wel ADHD is.
Indien jou kind ADHD het probeer soveel moontlik ingligting kry.
Fokus meer op positiewe gedrag as op die negatiewe (probeer dit eerder waar moontlik is ingnoreer)
Enige kind toets grense- moet net NOOIT ingee nie omdat dit versterk negatiewe gedrag.
Die kind met ADHD het baie oefening en gereelde peuselgoed nodig.
Beperk suiker.
Vermy sover moontlik kleur-geur asook preservermiddels.(gaskoeldrank, verwerkte vleise, pasteie ens.)
Gee soveel moontlik
Rou groente
Vrugte
Heelgraan produkte.
peuselhappie idees:
Neute
Kersie tamaties
Wit springmielies
Kaas
Rou baba worteltjies
Baba mielies
Ongegeurde biltong.
"n baie oulike boek met geskikte resepte is : EET VIR VOLGEHOUE ENERGIE 2 geskryf deur
Gabi Steenkamp.
Ek glo daar is baie ouers wat meer sal weet - ook of jul medikasie vir jul ADHD kinders gee of het jul 'n ander manier. Deel dit groot asseblief met die ouers wat nuut is hiermee en graag meer wil weet.
Hi, dit is regtig 'n baie oulik blog wat jy hier het. My naam is Liezl, en my seuntjie (nou 6) sukkel met konsentrasie probleme. Ons het hom verlede jaar by 'n sielkundige gehad wat ADHD gediagnoseer het. Alles het net van daar af vir my sin gemaak. Baie van die simptome wat jy hier bo beskryf verwys na hom. Hy was 'n baie moeilike baba, wat baie min geslaap het en het ook gesukkel met gedrag. soos hy groter geword het, het dit beter geword. Verlede jaar in Graad R het die juffrou gemerk hy sukkel om te konsentreer. Ons het hom op 'n natuurlike middel gesit, met die naam EYE Q en ek sal dit vir enige iemand aanbeveel. Dit het sy gedrag baie verbeter, maar die konsentrasie is steeds 'n probleem. Aghangende van hoe hy in Graad 1 gaan vorder, sal ons besluit of ons 'n alternatief moet probeer. Baie sterkte aan al die mammas wat dieselfde deur gaan. Dankie vir die inligting wat jy hier met ons deel.
ReplyDeleteGroete, Liezl
Liezl, baie dankie dat jy met ons deel!Ek weet soveel mensies soek na raad en woorde van mammas wat self weet wat dit is xx
ReplyDeleteMy seun is is nou 8 jaar oud en het Hoë spektrum ADHD.
ReplyDeleteDit is soms moeilik,frustrerend, jy voel hulpeloos en hartseer wanneer mense 'n "gesonde" kind sien en dan nie sy gedrag verstaan nie...MAAR wanneeer daai lyfie teen my lê of daai bekkie oorloop met die snaakste sê goed, of pappa se onderbroek nou gebruik word vir die "super hero" costume, of die hele werf agter vol POLYSTERENE BALLETJIES lê omdat daar "n "explosion in sy labratory" was, maak dit die moeite werd!
BAie vingers word gepunt na kinders met ADHD en na hul ouers, en dit is baie hartseer oor hoe oningelig die mens in SA oor die algemeen is oor adhd.
Ons seun was nie 'n moeilike baba nie, hy het deurgeslaap op 2 maande, hy was 'n woelige kleutetjie van 2 jaar oud wat altyd aan die gang was, maar watter 2 jarige is nie? op die ouderdom van 5 het die skool vir ons reguit gesê ons kind kort ritalin, en ek het doodeenvoudig geweier en gesê 'n kind van 5 sukkel om stil te sit, hy sukkel om gewoond te raak aan klas opset ensv. en dat as hy sy 2de jaar in graad r tekens toon van adhd dat ons dit dan sal hanteer..En ons het.,..ons seun het op die 2 de Januarie 2010 6 jaar oud geword en ons het ons paadjie begin loop, ons het die spesiale dieet probeer, dit het so 'n nuttelose impak gehad dat dit nie eers meer die moeite werd was om my kind so te straf nie...probeer jy al jou lekker dingetjies heeltemal uitsny......vir altyd.....nie maklik nie nè? ons het die homeopatiese roete geloop, ons het IQ, ADDVANCE,BIOSTRATH om net 'n paartjies te noem deur gewerk en geen regtige resultaat nie..ons het toe maar besluit vir sy onthawe om die medikasie roete te loop.. vir party mense werk die hele dieet,ding, maar party kinders het doodeenvoudig meer hulp nodig! nadat onsw hom laat toets het by sanet schoeman(boffin in hierdie veld) iws ons meegedeel dat hy sommer 'n regte slimkop is! ons is toe na Adri van der walt toe en ons is nou nog by haar, my kind id gelukkig, doen goed op skool en die pre meds en after meds toon duidelike verskille, ons het hom wel van ritalin afgehaal a.g.v. eetlus, ensv. maar is so tevrede met die konserta waarop hy nou is, hy is nie passief nie,eet gesond, en is nogsteeds die oulike besige seun...net met meerkonsentrasie en begrip vir wanneer is iets veilig en wanneer nie.
Daar is 2 kante tot alles natuurlik, ons het geen voordele in hierdie pille nie, wanneer hy opstaan in die oggende is die pil nie dadelik in werking nie, en kreatiewe maniere moes gevind word om hom te kry om vinniger klaar te maak vir skool in die oggende, dus het ek 'n horlosie gevat swart geverf in die binnekant en basies gestel dat hy tien minute het vir elke taak voor dit skool toe is, prentjies geplak van pap,kam,klere ensv, sodat hy kan sien wat volgende gedoen moet word! dit neem harde werk, disipline en roetine,,dit is die belangrikste met hierdie kinders is streng didiplines en roetines..ek stem nie heeltemal saam met baie van die dinge hierbo nie, jok,vernielsugtig,steel,woedeuitbarstings ensv, is def.nie die grootste tekens van adhd nie, wat wel tekens is wat verdere ondersoek sou kort is:
ReplyDeleteImpulsiwiteit m.a.w. dink nie regtig voor hy /sy iets doen nie is ook 'n grote, bv. as my seun nie op medikasie is nie sal hy die bal skop in die huis, maar wanneer hy wel op sy medikasie is sal hy dit nie doen nie, vra jy hom waarom sal hy sê want dit kan die ruite breek of die lamp breek..iets waaraan hy nie gedink het voorheen nie!
Kinders met ADHD is nie dom nie, gewoonlik is hulle slimkoppe
Kinders met ADHD praat aanhoudend amper sonder ophou
Hulle is geneig om heeltyd aan die gang te wees amper asof hy batery aangedrewe is..sonder ophou!
gewoonlik as jy met hulle praat kan hulle nie lank genoeg oogkontak behou nie..nie omdat hulle nie vir jou luister nie, maar omdat hulle brein letterlik klaar weer aan iets anders dink!
dit is net 'n paartjies..lees gerus die boek understanding ADHD - Dr Christopher Green en Help my child is driving me crazy - Leila Benelli
Om dit baie duidelik te stel voor ek afsluit is die volgende:
Waar ons brein ontwikkel is om aan te hou gesels of werk met die agtergrond geluide van bv. luiende telefoon,blaffende hond of 'n rasende motor kan kinders met ADHD dit nie doen nie, hul brein sal fokus op wat juffrou sê in die klas en i.p.v. die grassnyer in die agtergrond hoor druk sy brein die geluid van die grassnyer dominerend voor en die stem van juffrou na die agtergrond..met die gevolg dat hy gapings het in wat juffrou se les behels het..
Oor medikasie het ek die laaste ding om te sê ek is al gekruisig oor my kind wat op medkiasie is, en my siening is die volgende..as jou kind asma het, en met die hulp van 'n asma pompie kan jy hom die geleentheid gee om sport te doen, rond te hardloop en " a good quality of live" te bied sal jy jou kind dit ontneem? want dit is presies wat ouers soos ek doen met die medikasie waarop my seun is..dis nie 'n maklike manier uit nie, dit is nogsteeds harde werk, en soms raak ek so hartseer en kwaad wanneer onderwysers GEEN geduld het met my seun nie, die kinder nie met hom wil speel nie want hy iriteer hulle omdat hy so baie praat en hy huis toe kom en voel asof niemand van hom hou nie...maar wanneer daardie ondeunse glimlaggie weer opduik en hy vra kom ons gaan maak kombers tente agter in die tuin..dan weet ek die liefdevolleklein bolletjie gaan okay wees, hy is nie 'n bedorwe brokkie nie, hy is resiliant, hy is sterk en hy gaan die wereld nog op horing neem met al sy " inventions"!
Supermom, sjoe ek geniet jou skrywe baie - jy kan soveel beteken vir mammas - ek hoop al ons mammas lees hier en leer by jou. Baie dankie dat jy met ons deel - daar is mammas wat smag na so 'n stukkie om te lees sodat hul bemoedig kan word en weet iemand verstaan..... asseblief kom deel en skryf enige tyd hier saam ons oor enige tema.
ReplyDeleteSjoe hoe bly is ek, ek is nie die engiste een wat 'n kind met adhd, hiperaktief, impulsief en angstig het nie. Ek stem saam die ouers en onderwysers het nie die nodige ingeligte inlgiting tov die kinders nie. Hulle word uitgemaak as stout, tartend, moeilikheid makers ens. My hart het die week weer vir my kind gebloei want die Juf verstaan nie as sy hom slaan of afkraak voor die klas gaan hy in 'n woedende klein monster verander. Hy het reeds geen sefvertroue nie nou kraak sy hom af. En ja noodloos om te se hy het ook nie maatjies nie, hy het my gevra om hom uit die skool te haal, hy is in graad 2. Wens net daar is meer ingeligte mense wat ons kan help, veral by die skole!
ReplyDeleteHi julle, Julle kids is seker al yslik groot. OK waar begin mens, my dogter is tien, was nog altyd 'n presteerder, skool, dans , koor, revue, en nog die sport van die seisoen, Ek het haar nog altyd besig gehou, want dis hoe sy daarvan hou. In gr4 het ek 'n afname in haar skoolwerk gesien. Ons het haar geskuif na 'n beter skool. Dit gaan nie beter met die skoolwerk nie. Ek gaan sien toe die onderwysers, almal se sy is stroop soet doen haar werk, maar sodra dit kom by toetse en huiswerk loop als verkeerd. Daar word voorgestel dat ons 'n neurologiese pediader gaan sien.
ReplyDeleteBoetie is in Gr 1 en is natuurlik ook stroop soet, soms so soet dat hy glad nie werk nie. LOL Dagdroom, vertel die snaakste vehale, ook baie goed met buitemuurse aktiewieteite, koor, drama, rugby, skaak al daai goed.
Almal wil mens dood gooi met klippe as jy medikasie net noem. Waar begin mens. Ons drink omega 3, gebruik yster aanvulings en minerale soute no: 5. Almal se dit vat 'n maand om te werk. Maar nou ja, ek sal raad wardeer.
Sjoe ek is so bly ek het besluit om te google. My seuntjie is nou amper 8 en ons het nou al alles prober - ritilan, concerta niks het gewerk ons is nou tans op Strattera en resperadil. lyk of dit effens help. Ek is eerlik ek weet nie hoe om hom te hanteer nie. dis n groot furstrasie - ek en manlief baklei baie oor hom. het enige iemand asb raad.
ReplyDeleteHi my kind is amper 2jaar .hy is baie hiperaktief, hy gooi alles wat hy in sy hande kry op die grond of dit nou iets breekbaar is of nie,hy is baie impulsief en luister glad nie na odragte nie,huil oor alles wat hy sien voor sy OE. Raak gou hartseer in wil alles voor sy oe vernietig, as hy iets verkeerd doen en by kry raas, Dan raak hy gou hartseer, net om die volgende oomblik iets onmoontlik aantevang.
ReplyDeleteHi. Ons het 'n 7jarige tweeling wat deur die Onderwysdepartement as ADHD geklassifiseer is in 2018/ Die skool waarin hul was, het laat weet dat die tweetjies graad R moet oordoen en tien teen een in 'n spesiale skool of klassie sal moet wees. Die Maandag voor die skole gesluit het vir die 2018 Desember vakansie het die skool ons geskakel en meegedeel dat ons tweeling graad 1 toe gaan in 2019, maar dat hul nie plek het vir hulle in hul skool nie. Noodeloos om te se, ons het gekook! Nou hoe nou gemaak? Vir maande kon ons nie ons tweeling in 'n skool kry nie. Daar was eenvoudig net nie plek nie. Genadiglik het 'n vriendin my gehelp en ons tweeling herhaal maar weer graad R. Hulle loop alewig op hul tone. Dis iets wat hul net nie kan afleer nie. Enige raad is welkom asb!
ReplyDelete