Daardie eerste
happie kos – ag is dit nie oulik nie? Die gesig wat trek of lyfie wat so gril! Soveel
van ons lê daardie eerste happie vas op kamera , baba het begin eet. Dis iets om altyd te onthou. Die eerste
happie. Kossies is belangrik vir baba se fisieke ontwikkeling MAAR net so
belangrik vir sy SPRAAKONTWIKKELING.
Hoe kan dit
moontlik wees wonder ons? Dus word baba se spraakorgane gebruik vir basiese
funksies : suig, sluk, kou voor dit vir spraak gebruik kan word.
Baba se eerste
tongbewegings is suig en sluk – ja dis vooroefening vir latere spraak! Baba
drink - hy moet sterk suig – dit
versterk lip- en tongspiere wat mondspiere die nodige oefening gee vir latere
spraak.
Wanneer baba die
eerste keer begin eet is dit baie fyn kos wat baba van lepel kan ”suig’ . Later word baba gewoond aan die
smaak asook vreemde tekstuur en dan hap baba die kos van die lepel af. Nou ja,
dis sowaar die vooroefening vir klanke soos P, B en M wat baba in babbelspraak
gaan begin gebruik.
Soos die tyd
begin stap raak dit tyd vir ‚n vingerkoekie. Baba begin aan koekie suig en kou
– weereens vooroefening vir spraak! Om uit ‚n bekertjie te drink is baie goeie
oefening vir die lippe. Om te lek
, bv aan roomys is oefening vir die tong. Sodra baba aan ‘n strooitjie kan suig
en drink is dit weer fyner lip- en suigaksie.
Al die tongklap- lip- en keelgeluide wat die baba maak
terwyl baba babbel is baie belangrik .
Dit sal goed wees om baba dan aan te moedig. Herhaling van geluide en klanke sal spraakspiere nodige oefening laat kry.
Watter voorreg om
deel te kan hê aanso mensie se ontwikkeling!
Wat wil jy byvoeg of sê? Deel dit asseblief met ons?
No comments:
Post a Comment