Besoekers tot op hede

Saturday, January 14, 2012

DIE LIEWE OU TANTRUMS!!!

Wat is die moelikste"beroep" wat baie hoë eise aan jou stel? Sonder vakansie of geldbonus? Jy ontvang geen werksomskrywing nie, en ontvang ook nie 'n handleiding nie? 

OUERSKAP!!!

Sjoe, wens ons as ouers nie soms ons het Salomo se wysheid nie!
Ouerskap is 'n 27/7 "beroep". So lief as wat ons vir ons kinders is,is ons steeds net mense wat foute kan maak en moeg kan word. Ons is dus nie volmaak nie. Soms gaan dit so rof in die huis tussen dag tot dag takies, werk en kinders dat ons brein so besig is om te dink wat kom volgende dat ons nie mooi fokus op wat ons doen nie en dan beland die sleutel in die yskas en jy vergeet om jou selfoon hoog te sit, net om dit in stukke te kry omdat baba dit gegooi het.

Om 'n ouer te wees is regtig harde werk, maar dis lekker en 'n voorreg. Een van die groot monsters waar ons as ouers teen moet veg is die bekende TANTRUMS (soos wat dit meer bekend is). Een of ander dag tref dit elke gesin.

'n Seuntjie van 4jaar het eendag toe sy klein sussie huil sy ma geroep en gesê "mamma,sussie gooi alweer 'n pamper!"  He he, so tussen doeke en tantrums het hy bietjie deurmekaar geraak.

ONS GESELS BIETJIE OOR HIERDIE WOEDE BUIE:

Kinders toets grense - hulle is meesters daarin! Hulle weet presies hoe om ons as ouers te speel en te manipuleer om hulle sin te kry. Om in te moet gee ter wille van vrede, is om indirek vir jou kind te sê "tantrum, dan kry jy jou sin!". Die beste is om sover moontlik daardie "uitbarsting" te probeer vermy. Roetine is belangrik, dinge soos bad, eet, slaap ens op dieselfde tyd sodat die kind later presies sal weet wat volg na wat. Indien jou kleuter lekker speel en jy weet dis amper tyd om te bad, gaan na hom en vertel hom dat hy nog net 'n rukkie se speel oor het dis amper tyd vir bad.

Moenie die winkels aandurf met 'n honger of moeg kleuter nie. Indien kleuter by is wanneer inkopies gedoen word, betrek hom deur te gesels en laat hom ook keuses maak (beperk) met iets soos "moet ons die pienk of die blou seep koop?" Wanneer jy iets van die rak afhaal gee van dit vir die kleuter om in die trollie te laai. Sodra die speelgoed amper in sig is, loop vinnig verby terwyl jy wys na die ander kant en bv sê "ek wonder of die suiker op daardie rak sal wees?"

Prys en gee lof vir goeie gedrag. 'n Beloningskaart werk gewoonlik goed vir goeie gedrag.

Die kleuter moet leer hy/sy kry genoeg liefde, aandag en empatie en hoef dus nie aandag te soek op 'n "tantrum" manier nie. Wanneer jy dan met die kleuter raas fokus jy net op hom en is dit aandag vir hom, daarom doen hul dit graag. Negatiewe aandag is vir hulle beter as geen aandag. Kleuters moet geleidelik leer aanvaar dat sy ouers nie uitsluitlik daar is om net aan hom aandag te gee nie. Daar moet wel tye uitgesonder word wanneer hy wel op sy ouers se volle aandag aanspraak kan maak.

HY/SY IS NET STOUT (?)

Die kind word soms as stout gesien oor sy optrede. Sou ons bietjie "dieper" na sy stoute optrede gaan kyk kan die optrede eintlik dalk wees omdat die kind verveeld is, bietjie afgeskeep voel, selfs jaloers voel, moeg of honger is. Ek glo nogal aan die bekende woorde " 'n verveelde kind is 'n "stoute" kind.

Wanneer hulle moeg of honger is volg gewoonlik 'n "tantrum".

Na middagete kan hul bloedsuiker dalk later die middag val. Iets soos kaas, koue vleis, yogurt of peanut butter brood is 'n goeie idee vir 'n happie tussen middag en aandete. Koekies en lekkers in daardie tyd kan hul aandete beinvloed omdat dit hoog in suiker is. Dit kan weer lei dat die kleuter sleg slaap omdat hy nie goed geeet het nie en dan kan hy more weer moeg opstaan wat later deur die dag weereens na tantrums kan lei.

Wanneer die kind tantum is dit altyd 'n goeie idee om aandag te probeer aftrek met iets anders. Dit is baie belangrik dat jou kind sal weet daardie optrede is onaanvaarbaar. Hulle moet altyd weet wanneer jy nee sê bedoel jy dit. Jy gaan nie ingee nie. Jou kind sal begin leer dat jy ernstig is daaroor as jy elke keer wanneer jy nee gesê het en jou kind hou steeds aan, dadelik optree deur die kind weg te vat, selfs al skop skree en huil hy. Jy moet vir die kind altyd laat weet dat daardie optrede onaanvaarbaar is.

Kom gesels saam oor tantrums en deel asseblief julle idees en raad met ons.

3 comments:

  1. My dogtertjie van 9 maande is gebore om te weet hoe om tantrums te gooi, altans, dis wat ek dink :-) (sy't nie boeties/sussies om te "sien" hoe dit gedoen word nie).
    Sy sal as ek iets by haar wegvat haar arms begin swaai en bene begin skop en dan verskrik gil/skree...wat vir my soos 'n tanturm lyk.
    Wanneer dit gebeur, verduidelik ek vir haar hoekom ek die voorwerp wegvat en waarom sy nie daarmee kan speel nie (weet nie aldag of sy verstaan wat ek se nie).
    Ons probeer ook so ver moontlik 'n konstante "ja/nee" te handhaaf, so hopenlik help dit wanneer die regte tentrums kom!

    ReplyDelete
  2. He he - ek verstaan alte goed - myne is 8maande en maak net so! Ek dink jy hanteer dit fantasties! Dis baie goed om nou al aan haar te verduidelik waarom sy nie met 'n sekere voorwerp mag speel nie en waarom jy dit van haar vat - glo my, dis wonderlik om 'n konstante ja/nee te handhaaf - julle gaan nog die goeie vrugte daarvan pluk. Sy gaan vinnig leer ja is ja en nee is nee. Natuurlik sal sy later begin grense toets - maar dis deel van kind wees en sy sal tog weet as mamma nee sê is dit nee. : )

    ReplyDelete
  3. My oudste dogtertjie is nou 3 jaar oud vandag haar sussie word 2 in April, My jongste luister altyd as ons met haar praat en sê los uit of sit terug, maar ons oudste dogtertjie luister glad nie as ons praat nie, sy gooi erg skreeu tantrums dat ek begin warrie wat ons bure dink en dit hou nie op nie. ons het haar aandag soveel keer proebeer aftrek ek kan nie eers meer tel nie, dit help net mooi niks, ons het 'n video geneem van haar terwyl sy 'n tantrum gooi en dit weer vir haar gewys en dit het darm so rukkie gehelp...maar nou weer van voor af oor begin. Enige raad om ons te help om haar meer gehoorsaam te maak vir die woord Nee en om nie te skreeu of tantrums te gooi nie sal ons baie waardeur. dit gebeur elke dag en sy kry meer aandag as haar kleiner sussie ook nog...so ons is bang kleinsus begin dieselfde doen later...

    ReplyDelete