Besoekers tot op hede

Saturday, February 25, 2012

VEELS GELUK LIEWE MAATJIE,OMDAT JY VERJAAR...

KOM ONS HOU PARTYTJIE!!

Slapies word afgetel... oe die wonderlike gevoel wat 'n kind het wat weet hy/sy verjaar! Om daardie dag spesiaal toe voel en oe daai geskenke : )    dan die partytjie - kinders is mal oor partytjies.

'n Partytjie kan op soveel plekke gehou word :
By die huis in die tuin (waar 'n springkasteel gewoonlik  lekker fun is)
Piekniek partytjie by die parkie of botaniese tuin
Daar is soveel venues wat gehuur kan word
Dan is daar die Spur partytjies....
Nog vele meer plekke is geskik om 'n lekker partytjie te hou.

Belangrik is om maar 'n "plan B" te he as jy bv 'n swem partytjie gaan he en dit dalk daardie dag koud is en reen.

Feestelike atmosfeer word veral geskep deur versierings en ballonne en in elke tema is daar soveel beskikbaar - ook wat jy self kan maak. Kleurryke plakkaat wat by die tema pas en se "welkom by my partytjie"
Servette,papierborde,bekers,tafeldoek,naamkaartjies,pakkies vir elke maatjie kan gekoop word of sommer self gemaak word dat dit by die tema pas. Kinders hou daarvan wanneer dit helderkleurig is.
Goeie idee is om 1 of 2 ekstra van alles te he,ingeval 'n ekstra maatjie/boetie/sussie ook saam kom.

A4 prent wat by tema pas met elke kind se naam op sy eie wat gelamineer word kan by die tafel gesit word vir plekmatjie dan kan elke maatjie dit ook huis toe neem.

Die verjaarsdagpartytjie is baie spesiaal vir die kind wat verjaar,en moet hy/sy ekstra spesiaal voel. "n goue kroon kan sommer self gemaak word en met speletjies kry die verjaarsdag maatjie natuurlik die eerste beurt. 'n Partytjie is ook groot opgewondendheid vir maatjies wat in die pret kom deel - hulle moet ook spesiaal voel. Gee vir hulle 'n klein ietsie om huis toe te neem wat se "dankie dat jy by my partytjie was"
Dit kan 'n klein pakkie lekkers wees
pakkie lekkers met 'n balon of klein speelding in
iets wat by tema pas kan ook werk bv as dit goggas is kan 'n gogga boksie oulik wees
Toiletrol kan mooi versier word en binne kan balon en lekkers wees.
Hier is ook baie ander idees - kom deel dit asseblief met ons.
VIR EERSTE VERJAARSDAG MAATJIES IS 'N PAKKIE MET 'N PURITY SAPPIE, KLEIN PAKKIE FLINGS EN 'N PURITY NAGEREG BOTTELTJIE IN BAIE OULIK.

EERSTE PARTYTJIE - 1 jaar oud!!

Hulle weet nog nie hulle verjaar nie,maar mamma weet en is so trots dat boet/sus nou al 'n volle jaar oud is! (ai tyd vlieg darem maar gou). Soms word so partytjie net met familie gehou, soms saam maatjies. Gee met die partytjie 'n cupcake vir die verjaarsdag maatjie wat hy/sy met hartelus kan lek,druk,krummel en lekkerrrrrr mors! - want mamma,ek word net 1x  1jaar oud! Neem fotos! Sulke kleine maats hou daarvan om met balle te speel, baie van hulle geniet die sandput en sal  mal wees daaroor as iemand borreltjies blaas vir hulle.Sommige maatjies sal ook die klei baie geniet - maar dit gaan maar gewoonlik soos die sand mond toe : ) 

Vermaak op partytjies kan baie dinge wees
Swem
Speletjies speel
Springkasteel
Waterwurm
Towenaar
Nar
Ponies
Poppekas
Klei in bakkies wat hulle huis toe kan vat
Gesigverf
Borreltjies blaas
Balonne
Inkleurprente wat by tema pas.
Elkeen self bv sy eie pizza maak
Eie worsie braai vir boerewors rol
Mariekoekies met versiersuiker ens versier.
Die 1-3jaar maats sal balle, skopfietsies,trek en stoot speelgoed geniet asook swaai en klimraam die sandput geniet  hul ook - toesig belangrik omdat hul maklik mekaar met sand gooi.

SPELETJIES:
Hier is 'n paar speletjies - Die meeste is van 3jaar +
(Onder 3jaar geniet ring around a rosie)

Musical chairs
Die donkie prent waar die stert met ogies toe op die regte plek gesit moet word (donkie kan vervang word met 'n prent wat by tema pas)
Vissie vang:
Maak 'n visstok met 'n lyn met magneet onder, dan maak vissies (kan sommer geprint word) elk met 'n paperclip op en 'n nommer. Maatjies vang dan vissies - die magneet sal die paperclip trek. Die vissie wat gevang is het 'n nommer en elke nommer het 'n prys bv suigstokkie,ballon ens.

Boontjiesakkie stuur:
Almal sit in 'n kring.
in die middel staan 'n kind en speel musiek
sodra musiek stop - bly almal botstil sit en die een wat dan die boontjiesakkie het kry dan weer 'n beurt om in die middel musiek te maak.

Seepbelkompetisie:
Meng beker water goed met vloeibare seep
elke kind kry glasie half vol seepwater
Die kind wat met strooitjie die grootste bol skuim in glasie blaas is die wenner.

Balletjie blaas:
Kinders maak 2 spanne en staan weerskante van tafel
Sit tafeltennisballetjie in middel van die tafel.
Die spanne blaas om die balletjie aan die kant van die teenspelers te laat afval.

Fluister-fluister:
Almal sit in 'n kring
Verjaarsdagmaatjie begin iets fluister in maat langs hom se oor,dit wat maat hoor moet hy weer in maat langs hom se oor fluister - so gaan dit aan totdat die maat aan die ander kant van maatjie moet se wat het hy gehoor.
Dit kan sinne wees soos - Sannie sleep sewe sakke sout   of klein kraai wag om die draai.

Die koek is die verjaardagmaatjie se keuse - die koek bepaal gewoonlik die tema. (iets waarvan die kind baie hou bv die  plaas of Dora of Nemo ens ens)
Barney ,teletubbies en Lollos is gewoonlik die 1ste 3jaar vir die kleintjies hulle gunsteling.

Die tafel met al die eetgoed hang ook af van die ouderdom asook of daar mammas ook gaan wees. Kinders hou van die soete dinge maar is net so lief vir southappies. Hier is 'n paar idees wat op die tafel kan kom vir kinders sowel as mammas (en pappas):

VRUG-SOSATIE:
Sny piesang in skywe
sprinkel suurlemoensap oor
sny ander vrugte in blokkies
ryg ook ander vrugte op tande of sosatiestokkies .

KAASSTOKKIES:
1 k gerasperde kaas
knippie sout
1 eier
2 eiergele
175g koekmeelblom
75g botter

voorverhit oond 180C
Sif meelblom en sout saam.
Vryf botter in
Bind mengsel met eier.
Rol uit en sny stokkies of rol in balletjies.
klits eiergele en smeer die deeg daarmee
Bak 10-15min

PEUSELSTOKKIES:
Maak klein sosaties - ryg blokkies op tandestokkies -
weense worsies
blokkies kaas
pynappel blokkies
kersietamaties
suuruitjies

KAASBALLETJIES:
250g kapok-aartappels
250g gerasperde kaas
1 eier
60g koekmeelblom
3ml bakpoeier
knippie sout,paprika en peper
gedroogte broodkrummels
olie
Meng alles saam en vorm balletjies. rol balletjies in gedroogde broodkrummels.
Verhit olie en braai in diep kastrol tot goudbruin.

WAATLEMOENBALLETJIES is ook 'n lekker happie

BILTONGBLOKKE:
Sny brood in dik snye en sny korsies af.
Sny elke stuk in 6 blokke.
Meng botter/margarien met marmite en bedek die blokke daarmee.
Rol dan in fynbiltong.

BROODSPINNEKOPPE:
Sny klein mini broodrolletjies deur.
Smeer margarien en sit gerasperde kaas op.
Steek niknaks aan die kante om bene ten pote te maak
2 rosyne vir oe

RYSVLOKKIEROOMYS:
20g margarien
10 malvalekker
halwe pak rice krispies
roomyshorinkies
Smel margarien en malvalekkers saam
voeg rysvlokkies by en meng goed.
Vorm bolletjies en sit bo-op roomyshorinkies.

BILTONGALBASTERS:
Gele van 3 gekookte eiers
225g maaskaas
gerasperde biltong

Vryf eiergele deur 'n sif. Meng met maaskaas.
vorm balletjies soos albasters
rol die balletjies in gerasperde biltong
plaas eers vir ongeveer 2 uur in yskas
Sit op tandestokkies voor.

JELLIELEMOENE:
1 pakkie jellie
lemoene
Sny lemoen middeldeur
Druk die sap uit en verwyder die vesels.
Maak jellie aan en vul die lemoendoppe daarmee.
Laat jellie stol
Sny elke halwe jellielemoen in die middel deur

Kom deel asseblief julle idees ook met ons

2 -3 ure is gewoonlik lank genoeg vir 'n partytjie.

Monday, February 13, 2012

LIEFDE UIT DIE HART

Hierdie lied se woorde is liefde vir n kind so diep uit die hart van ouer -jy kan daardie liefde eers verstaan as jy self 'n ouer is - daardie deel van jou hart wat buite jou lyf rond loop. Daardie onvoorwaardelike liefde,die volmaakte mensie wat joune is. Die eerste glimlag, die eerste tand, die eerste en kruip dan die eerste tree die eerste woord van jou kind is die wonderlikste gevoel.

Butterfly Kisses lyricsSongwriters: Carlisle, Bob; Thomas, Randy;
There's two things I know for sure
She was sent here from heaven
And she's daddy's little girl
As I drop to my knees by her bed at night
She talks to Jesus and I close my eyes
And I thank God for all of the joy in my life
Oh but most of all

For butterfly kisses after bedtime prayer
Stickin' little white flowers all up in her hair
Walk beside the pony daddy it's my first ride
I know the cake looks funny daddy but I sure tried

Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve a hug every mornin'
And butterfly kisses at night

Sweet 16 today
She's lookin' like her mama a little more every day
One part woman the other part girl
To perfume and make up from ribbons and curls
Trying her wings out in a great big world
But I remember

Butterfly kisses after bedtime prayer
Stickin' little white flowers all up in her hair
You know how much I love you daddy
But if you don't mind
I'm only gonna kiss you on the check this time
[From: http://www.elyrics.net/read/b/bob-carlisle-lyrics/butterfly-kisses-lyrics.html]

Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve her love every mornin'
And butterfly kisses at night

All the precious time
Like the wind the years go by
Precious butterfly
Spread your wings and fly

She'll change her name today
She'll make a promise and I'll give her aways
Standing in the bride room just staring at her
She asked me what I'm thinkin'
And I said I'm not sure
I just feel like I'm loosin' my baby girl
And she leaned over

Gave me butterfly kisses with her mama there
Stickin' little white flowers all up in her hair
Walk me down the isle daddy
It's just about time
Does my wedding gown look pretty daddy?
Daddy's don't cry

Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve her love every mornin'
And butterfly kisses

I couldn't ask God for more than this is what love is
I know I've got to let her go but I'll always remember
Every hug in the mornin' and butterfly kisses
Is dit nie pragtig nie?

Sunday, February 12, 2012

.... En toe is daar kinders ......

Daardie eerste gevoel van 'n "vlinder" in jou maag- jou hart wat so lekker warm klop en jou gedagtes word oorgeneem deur een mens. Die son skyn mooier, blomme ruik ekstra lekker,voeltjies sing mooier en jys heeltyd in 'n vriendelike bui omdat jy die glimlag van jou gesig nie kan keer nie - jys verlief! Watter wonderlike gevoel!! Jy sien uit na elke afspraak - doen moeite om die hare mooi en reg te kry, die gesig kry ook natuurlik baie aandag om die lippe en oe op hul mooiste te maak. Klere word dae vooruit beplan. Jy moet onweerstaanbaar lyk en alles moet net perfek wees. Sorgelose dae van etes en fliek, gesels tot die son amper weer moet opkom.  Om verlief te wees is darem maar so lekker!! Om in daardie persoon se oe te kyk en geen fout te kry nie - amper volmaak. Liefde wat jy met jou hele wese voel. Daardie romantiese etes waar jy ure voor die tyd mooi moet maak omdat jy wil word op 'n dag soveel anders want toe is daar kinders. Romantiese etes verander in etes tuis gewoonlik koue kos omdat jy nie kon eet nie want baba het gehuil. Ure spandeer sodat jy mooi kan lyk het verander in klere oor jou kop gooi n borsel deur jou hare te trek en dan weer daar te wees vir baba - die heerlike soete parfuum reuk word vervang met 'n blerts van baba se uitgespoegte melk op jou skouer. Ure se gesels totdat die son wil opkom het verander in ure se winde uitvryf en op en af stap deur die huis met 'n huilende baba. Daardie eindelose energie van tye in jou dae van verlief wees word vinnig verander in moegheid wat jy nooit geken het nie. Daardie mensie hou jou wakker - jy slaap byna nooit. Dag in en dag uit. Later is baba skool toe en volgende baba is in die huis. Tussen doeke, bottels en winde uitvryf moet Boeta se kosblik gepak word vir skool, moet oueraand bygewoon word en dan is daar die rugby waarna Boeta so uitsien en dus word die doeksak gepak, die waentjie gelaai en is almla daar om Boeta te sien rugby speel. Terwyl jy langs die veld op en af stap en sus want baba is moeilik in die vreemde omgewing. Terug tuis le die hoop wasgoed nog en wag - sodra baba slaap is dit die kans om dit gou te was - van klippe,tot goggas , papiere en albasters moet eers uit Boeta se sakke gehaal word voordat sy broeke in die was kan kom. Skaars begin dan huil baba weer en Boeta roep hyt hulp nodig met huiswerk. Soms kry jy nie kans om te dink nie - jys net te besig en wonder dan waar is daardie romantiese sorgelose dae heen? Vanaand wanneer alles en almal stil is en rustig slaap gaan kyk jy na daardie engeltjies wat so soet slaap en dan weet jy dis selfs nog lekkerder as romantiese sorgelose dae - dis jou rykdom, jou lewe en jou eie ......

Tuesday, February 7, 2012

WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT

Hierdie is in Stropieland se prospektus :

WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT

Wees versigtig met wat jy vir jou kind sê,
omdat dit wat jy sê, in sy denke vasgelê word.
en vir altyd deel word van sy gevoelswêreld.

Kies jou woorde versigtig,want woorde
het die vermoe om jou kind se selfwaarde
te versterk of af te breek,
om seer te maak of te inspireer
om aan te moedig of te ontmoedig! 

My kinders het die voorreg om hul Gr R jaar by Stopieland te doen by 'n wonderlike juffrou Selma. Hierdie woorde leef sy so mooi uit in haar klassie. Dit is wat elke kind verdien, by die skool en veral tuis. Ons as ouers is ook net mense en raak soms kwaad, moeg en moedeloos - voordat ons te vinnig praat in woede moet ons eers 'n sekonde stil raak en dink - "hoe sou ek gevoel het as iemand dit vir my gesê het?" Woorde van lof en prys laat 'n kind goed voel oor homself en versterk daardie gedrag wat met soveel lof en prys aangespreek word. Ongelukkig is dit so dat negatiewe woorde die selfbeeld kan afbreek en skade doen nou en altyd. Daardie woorde sny diep wonde in die kinderhart.  Een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee is om hom groot te kan maak deur sy selfwaarde te versterk om hom aan te moedig om te leer en met 'n vrolike hart te leef om in homself te kan glo sodat hy as volwassene die lewe vierkantig in die oe kan kyk en weet hy is uniek en spesiaal.

Sunday, February 5, 2012

KINDERS LEER SOOS HULLE LEWE.

  Hierdie het ek al so baie gelees - en dit is BAIE WAAR - ek weet nie wie is die skrywer nie - indien jy weet laat weet my asseblief.

KINDERS LEER SOOS HULLE LEWE 

As n kind met sarkasme saamleef
Leer hy om snedig te wees.

As n kind met vyandigheid saamleef
Leer hy om te baklei.

As 'n kind met bespotting saamleef
Leer hy om sku te wees.

As n kind met skande saamleef
Leer hy om skuldig te voel.

As n kind met verdraagsaamheid saamleef
Leer hy om geduldig te wees.

As n kind met aanmoediging saamleef
Leer hy om vertroue te he

As n kind met lof saamleef
Leer hy om te waardeer.

As n kind met billikheid saamleef
Leer hy om te waardeer.

As n kind met goedkeuring saamleef
Leer hy om geloof te he.

As 'n kind met aanvaarding en vriendskap saamleef
Leer hy om liefde in die wereld te ontdek.

Saturday, February 4, 2012

SPEELGOED WAT HANDE 'SLIM EN STERK' MAAK

Speelgoed wat hande "slim en sterk" maark, vingertjies voor begin berei op skrif - kom ons kyk na daardie speelgoed:

BLOKKIES is baie goeie oefening vir  handjies. Die kleiner blokkies wanneer die peuter 'n kleuter word verg redelike spierkrag om die blokkies inmekaar te druk en weer uitmekaar te haal.

RYG van krale ens is uitstekende oefening vir oog -handkoordenasie.

Vingerspiere kry goeie oefening wanneer proppe en deksels op en afgeskroef word.

VETKRYT EN POTLODE gee ook oefening aan vingers en handjies wanneer geteken word. Om uit tydskrifte prente te skeur of knip is ook aktiwiteite wat help om oog-handkoordinasie te verbeter.

VERF is natuurlik groot pret vir kleuters. Strepe kan met die vingertjies geverf word,of kolletjies met vingerpunte gedruk word. Hand of voet kan geverf word en dan op papier gedruk word.

PENNETJIEBORD is baie goeie oefening vir hande!

LEGKAART bou is wel goed vir perseptuele vermoens,maar is ook baie goed vir handfunksie om al die dele inmekaar te pas.

KLEI wat gerol,druk en trek word is altyd lekker vir kleuters om mee te speel veral wanneer koekdrukkertjies ook gebruik kan word. Die klei verskaf goeie oefening vir vingertjies.

BALSPELETJIES is belangrik en bevorder oog-handkoordinasie. So ook die speel met BOONTJIESAKKIES.

Nog 'n idee om daardie handfunksie oefening te gee is 'n slaansak. Ook help dit met oog-handkoordinasie asook tydsberekening. Natuurlik hou die slaansak ook die voordeel in dat 'n gefrustreerde kleuter so van sy aggressie ontslae kan raak.

Wanneer sussie haar POP aan en uit kan trek gee dit haar hande lekker oefening. Ook as sy daardie klere was, self probeer om dit uit te droog en op te hang met die wasgoedpennetjies.

VINGERPOPPIES is 'n oulike idee wanneer die kleuter stories met sy vingertjies vertel.

INKLEUR gee goeie oefening vir hande en wanneer daar probeer word tussen die lyne inkleur is dit voorbereide oefening vir skrif, oog en hand leer so om beter saam te werk.

SPEELGOED SELFOON kan vir daardie hande lekker oefening gee wanneer 'n nommer "gebel" word en die vingertjies elke knoppie vir die nommer druk.

Lekker speel!    : )