Besoekers tot op hede

Wednesday, January 18, 2012

Om 'n mamma te wees

Hier is nou geen feite of inligting in die skrywe nie - dit kom so uit die pen van 'n mamma.

Om 'n mamma te wees betken jou hart loop buite jou lyf rond - want kyk, niemand kan vir jou kindertjie voel wat jy voel nie. Dis 'n onvoorwaardelike liefde. Is jou kind nie die mooiste ooiste in die wereld nie? Natuurlik!

"n kind is 'n wonderlike geskenk. As mamma vertroetel en versorg jy daardie splinternuwe kleine baba. Jy kan skaars jou oe afhou van daardie pasgebore baba en daardie eerste huil kan jy nog onthou so vars na die geboorte. Om 'n mamma te wees is regtig harde werk, maar oe so wonderlik!

Jy gaan saam jou kind deur elke fase - geboorte, 3maande, 6maande - waar jy in daardie tyd kennis maak met huil, doeke , winde, eerste smile, lag later begin sit, kruip, staan en loop. Daardie eerste woord - wat 'n voorreg!

Dan kom die oulike sê goed! Asook alle idees en wil van 'n peuter en kleuter. Kyk om 'n ma te wees beteken jy ken 'n nuwe taal wat nog in geen boek geskrewe staan nie, want jy verstaan so hier en daar wat spruit sê. Jy LOVE elke woord - want dis JOU baba!

Moenie vergeet van voer nie - dis van eetstoel na loopring of waar jy ook jou kindertjie of baba voer. Jy trek snaakse gesigte, lag, maak geluide en doen wat jy ookal kan aan begin dink om daardie bekkie oop te kan kry om te hap!

Ons praat nie veel uit oor slaap nie - dis soms 'n "teer" saak - ag dis ok - ons bly hul lief! Al is daar al swart en duidelike kringe onder mamma se oë - al moet daardie mamma haarself uit die bed basies sleep om haar liggaam tot 'n regop posisie te kry, en is slaap 'n mooi herinnering  van lank lank gelede.

'n mamma weet haar motor se ruite is vol "stempels" he he baba en kleuter se hande was daar!

Was mamma wasgoed kry sy vreemde dinge - dis asof die broeke van seuntjies se sakke gepak is met skatte - papiere, albaster, kleine klip, 'n stuk wat ookal, of dalk 'n karretjie....    om nie van goggas te praat nie!

Ons kindertjies is soos engeltjies - en elke tantrum en bui word so gou vergeet want hulle is ons spesiale geskenke - net ons sin!

Moet vertel van 'n paar dae terug. Speelgoed met "klokkies en liggies" is mos maar tops in die oë van babas en kinders. So het baba 'n sleutel - nogal cool - liggies en sing te oulik - was een van die boeties se sleutel op 'n tyd jare terug. Ag jinne maar sy speel so lekker daarmee. Sjoe, toe kom die aand - iewers is fout. Baba se sleutel sing en flits sonder ophou. Die lig is al verby flou - maar sing sing daardie sleutel. Later bekyk pa die sleutel. Nee sug pa, daar is nie 'n battery om uit te kan haal nie. Wel, sleutel sing non stop! aan en aan en aan....  Tyd om te gaan slaap... niemand kan slaap met 'n sing sonder ophou! Now what? Voor die huis is dit te naby aan die skaapkamers.  Langs die huis aan albei kante is bure baie naby en agter ook - sing , sing die sleutel en stil kan hy nie!   Nou ja, die oplossing was in die vrieskas!!!! Daar is sleutel vir die aand - niemand hoor die gesing! Die volgende oggend was sleutel darem stil! true story! 

Kom deel asseblief julle wonderlike gevoel om 'n mamma te wees asook sulke gevalle soos onse sleutel.....

Tuesday, January 17, 2012

ADHD

Hier is so ietsie oor ADHD wat ek met julle kan deel - daar is redelik baie websites as julle wil gaan google vir meer inligting en feite. Hierdie skrywe is omdat 'n mamma op ons blad daaroor gevra het. Groot asseblief , indien julle kennis het, deel dit met ons - ek glo hoe meer ouers hul kennis kan uitbrei hoe makliker sal dit vir hulle wees om ADHD te hanteer.

Wanneer 'n kind baie woelig is of selfs baie dagdroom en dus nie op 'n gegewe taak kan fokus nie word begin kyk of  die kind dalk ADHD het. Daar is redelik baie "simptome" wat na gekyk word soos : (maar dit is so dat 'n kind nie al die simptome het nie en elke kind verskil)
DAGDROOM
AANDAG WORD BAIE GOU AFGELEI
STEUREND IN KLAS
WOEDEBUIE
STEEL
KOM MOEILIK OOR DIE WEG MET  ANDER KINDERS
JOK BAIE
WORD BAIE GOU GEFRUSTREERD
IS VERNIELSUGTIG
MAAK BAIE GELUIDE
IS IMPULSIEF
HUIL MAKLIK EN DIKWELS
ONVOORSPELBARE GEDRAG
UITDAGEND
OPVLIEEND
BAIE GRETIG TEVREDE TE STEL 
Hierdie is slegs maar 'n paar .
Gewoonlik sal 'n pediater na die kind kyk en vrae vra ens om te sien of dit wel ADHD  is.

Indien jou kind ADHD het probeer soveel moontlik ingligting kry.
Fokus meer op positiewe gedrag as op die negatiewe (probeer dit eerder waar moontlik is ingnoreer)
Enige kind toets grense- moet net NOOIT ingee nie omdat dit versterk negatiewe gedrag.

Die kind met ADHD het baie oefening en gereelde peuselgoed nodig.
Beperk suiker.
Vermy sover moontlik kleur-geur asook preservermiddels.(gaskoeldrank, verwerkte vleise, pasteie ens.)
Gee soveel moontlik
Rou groente
Vrugte
Heelgraan produkte.

peuselhappie idees:
Neute
Kersie tamaties
Wit springmielies
Kaas
Rou baba worteltjies
Baba mielies
Ongegeurde biltong.

"n baie oulike boek met geskikte resepte is : EET VIR VOLGEHOUE ENERGIE 2  geskryf deur
Gabi Steenkamp.

Ek glo daar is baie ouers wat meer sal weet - ook of jul medikasie vir jul ADHD kinders gee of  het jul 'n ander manier. Deel dit groot asseblief met die ouers wat nuut is hiermee en graag meer wil weet.

Monday, January 16, 2012

SO WAAR ......

If I had my child to raise all over again,
I'd build self-esteem first, and the house later.
I'd finger-paint more, and point the finger less.
I would do less correcting and more connecting.
I'd take my eyes off my watch, and watch with my eyes.
I'd take more hikes and fly more kites.
I'd stop playing serious, and seriously play.
I would run through more fields and gaze at more stars.
I'd do more hugging and less tugging.

Sunday, January 15, 2012

KINDERS IS DIE GROOTSTE GESKENK

THE GIFT
by Melinda Poulsen
Her little arms reach out to me
When I walk in the room,
This special little spirit, yes
This child of my womb
The trusting smile she gives to me
While gazing in my eyes,
It causes me to feel as though
I've won the greatest prize
The dimple from her Daddy flashes
In her rosy cheek,
The love I feel inside for her
So strong I cannot speak
I hold her close and kiss her brow
And whisper of my love,
I say a prayer of gratefulness
And send it up above
Her Mother? What could I have done
To earn this gift, this right?
I'm still not sure, but I'll thank God
Each morning and each night.

SO IETSIE RAAK GELEES EN WIL MET JUL DEEL...

My Mother kept a garden,
a garden of the heart,
She planted all the good things
that gave my life it's start.
She turned me to the sunshine
and encouraged me to dream,
Fostering and nurturing
the seeds of self-esteem...
And when the winds and rain came,
she protected me enough--
But not too much because she knew
I'd need to stand up strong and tough.
Her constant good example
always taught me right from wrong--
Markers for my pathway
that will last a lifetime long.
I am my Mother's garden.
I am her legacy-
And I hope today she feels the love
reflected back from me
Author unknown

Saturday, January 14, 2012

DIE LIEWE OU TANTRUMS!!!

Wat is die moelikste"beroep" wat baie hoë eise aan jou stel? Sonder vakansie of geldbonus? Jy ontvang geen werksomskrywing nie, en ontvang ook nie 'n handleiding nie? 

OUERSKAP!!!

Sjoe, wens ons as ouers nie soms ons het Salomo se wysheid nie!
Ouerskap is 'n 27/7 "beroep". So lief as wat ons vir ons kinders is,is ons steeds net mense wat foute kan maak en moeg kan word. Ons is dus nie volmaak nie. Soms gaan dit so rof in die huis tussen dag tot dag takies, werk en kinders dat ons brein so besig is om te dink wat kom volgende dat ons nie mooi fokus op wat ons doen nie en dan beland die sleutel in die yskas en jy vergeet om jou selfoon hoog te sit, net om dit in stukke te kry omdat baba dit gegooi het.

Om 'n ouer te wees is regtig harde werk, maar dis lekker en 'n voorreg. Een van die groot monsters waar ons as ouers teen moet veg is die bekende TANTRUMS (soos wat dit meer bekend is). Een of ander dag tref dit elke gesin.

'n Seuntjie van 4jaar het eendag toe sy klein sussie huil sy ma geroep en gesê "mamma,sussie gooi alweer 'n pamper!"  He he, so tussen doeke en tantrums het hy bietjie deurmekaar geraak.

ONS GESELS BIETJIE OOR HIERDIE WOEDE BUIE:

Kinders toets grense - hulle is meesters daarin! Hulle weet presies hoe om ons as ouers te speel en te manipuleer om hulle sin te kry. Om in te moet gee ter wille van vrede, is om indirek vir jou kind te sê "tantrum, dan kry jy jou sin!". Die beste is om sover moontlik daardie "uitbarsting" te probeer vermy. Roetine is belangrik, dinge soos bad, eet, slaap ens op dieselfde tyd sodat die kind later presies sal weet wat volg na wat. Indien jou kleuter lekker speel en jy weet dis amper tyd om te bad, gaan na hom en vertel hom dat hy nog net 'n rukkie se speel oor het dis amper tyd vir bad.

Moenie die winkels aandurf met 'n honger of moeg kleuter nie. Indien kleuter by is wanneer inkopies gedoen word, betrek hom deur te gesels en laat hom ook keuses maak (beperk) met iets soos "moet ons die pienk of die blou seep koop?" Wanneer jy iets van die rak afhaal gee van dit vir die kleuter om in die trollie te laai. Sodra die speelgoed amper in sig is, loop vinnig verby terwyl jy wys na die ander kant en bv sê "ek wonder of die suiker op daardie rak sal wees?"

Prys en gee lof vir goeie gedrag. 'n Beloningskaart werk gewoonlik goed vir goeie gedrag.

Die kleuter moet leer hy/sy kry genoeg liefde, aandag en empatie en hoef dus nie aandag te soek op 'n "tantrum" manier nie. Wanneer jy dan met die kleuter raas fokus jy net op hom en is dit aandag vir hom, daarom doen hul dit graag. Negatiewe aandag is vir hulle beter as geen aandag. Kleuters moet geleidelik leer aanvaar dat sy ouers nie uitsluitlik daar is om net aan hom aandag te gee nie. Daar moet wel tye uitgesonder word wanneer hy wel op sy ouers se volle aandag aanspraak kan maak.

HY/SY IS NET STOUT (?)

Die kind word soms as stout gesien oor sy optrede. Sou ons bietjie "dieper" na sy stoute optrede gaan kyk kan die optrede eintlik dalk wees omdat die kind verveeld is, bietjie afgeskeep voel, selfs jaloers voel, moeg of honger is. Ek glo nogal aan die bekende woorde " 'n verveelde kind is 'n "stoute" kind.

Wanneer hulle moeg of honger is volg gewoonlik 'n "tantrum".

Na middagete kan hul bloedsuiker dalk later die middag val. Iets soos kaas, koue vleis, yogurt of peanut butter brood is 'n goeie idee vir 'n happie tussen middag en aandete. Koekies en lekkers in daardie tyd kan hul aandete beinvloed omdat dit hoog in suiker is. Dit kan weer lei dat die kleuter sleg slaap omdat hy nie goed geeet het nie en dan kan hy more weer moeg opstaan wat later deur die dag weereens na tantrums kan lei.

Wanneer die kind tantum is dit altyd 'n goeie idee om aandag te probeer aftrek met iets anders. Dit is baie belangrik dat jou kind sal weet daardie optrede is onaanvaarbaar. Hulle moet altyd weet wanneer jy nee sê bedoel jy dit. Jy gaan nie ingee nie. Jou kind sal begin leer dat jy ernstig is daaroor as jy elke keer wanneer jy nee gesê het en jou kind hou steeds aan, dadelik optree deur die kind weg te vat, selfs al skop skree en huil hy. Jy moet vir die kind altyd laat weet dat daardie optrede onaanvaarbaar is.

Kom gesels saam oor tantrums en deel asseblief julle idees en raad met ons.

Thursday, January 12, 2012

Wanneer baba nie wil begin eet nie

Wanneer baba nie wil eet nie, raak 'n mamma gewoonlik baie bekommerd. Gelukkig tot op 'n jaar is melkies nog baie voedsaam. Dis wel so van 6 maande af wat baba al begin eet. Soms voor dit en soms eers later - want elke baba verskil. As baba kos weier - stop eers vir 'n week of so en probeer dan weer. Daar is baie babas wat regtig nie van pap hou nie. Probeer dalk ook 'n ander tipe pap as baba dit weier. As dit steeds nie werk nie - probeer bv butternut. Dis regtig nie 'n probleem as baba in die begin pampoen in die oggend eet nie - solank baba gewoond raak aan die idee  om kos van lepel te hap en aan die nuwe smaak en tekstuur gewoond kan raak. Vrugte werk gewoonlik goed - maar dis bietjie soeter as groente en mag baba dan nie maklik oor wil gaan na groente nie Wanneer baba reg is sal baba eet. Wanneer baba nie van 'n sekere iets hou nie soos dalk patat - moenie dit net los nie - probeer oor so 2 weke weer dan weer en weer - dit vat hulle maar soms 'n rukkie om aan al die smake en tekstuur gewoond te raak. Wanneer hul al vingerkos kan eet is dit vir hulle lekker om self die kos in hul hand te kan hou en self te eet. Dis baie belangrik om nie te probeer wanneer baba te honger (dors) is of moeg is nie. Voer hom wanneer hy rustig en gelukkig is. Hou net aan en deel met ons wat vir julle gewerk het.

Monday, January 9, 2012

KOS EN SPRAAK LOOP HAND –AAN- HAND? KAN DIT WEES? JA DEFINITIEF!


Daardie eerste happie kos – ag is dit nie oulik nie? Die gesig wat trek of lyfie wat so gril! Soveel van ons lê daardie eerste happie vas op kamera , baba het begin eet. Dis iets om altyd te onthou. Die eerste happie. Kossies is belangrik vir baba se fisieke ontwikkeling MAAR net so belangrik vir sy SPRAAKONTWIKKELING.

Hoe kan dit moontlik wees wonder ons? Dus word baba se spraakorgane gebruik vir basiese funksies : suig, sluk, kou voor dit vir spraak gebruik kan word.

Baba se eerste tongbewegings is suig en sluk – ja dis vooroefening vir latere spraak! Baba drink -  hy moet sterk suig – dit versterk lip- en tongspiere wat mondspiere die nodige oefening gee vir latere spraak.

Wanneer baba die eerste keer begin eet is dit baie fyn kos wat baba van lepel kan  ”suig’ . Later word baba gewoond aan die smaak asook vreemde tekstuur en dan hap baba die kos van die lepel af. Nou ja, dis sowaar die vooroefening vir klanke soos P, B en M wat baba in babbelspraak gaan begin gebruik.

Soos die tyd begin stap raak dit tyd vir ‚n vingerkoekie. Baba begin aan koekie suig en kou – weereens vooroefening vir spraak! Om uit ‚n bekertjie te drink is baie goeie oefening vir die lippe.  Om te lek , bv aan roomys is oefening vir die tong. Sodra baba aan ‘n strooitjie kan suig en drink is dit weer fyner lip- en suigaksie.

Al die tongklap- lip- en keelgeluide wat die baba maak terwyl baba babbel is  baie belangrik . Dit sal goed wees om baba dan aan te moedig. Herhaling van geluide en klanke sal spraakspiere nodige oefening laat kry.

Watter voorreg om deel te kan hê aanso mensie se ontwikkeling!

Wat wil jy byvoeg of sê? Deel dit asseblief met ons?

Sunday, January 8, 2012

WELKOM BY KINDERWEB SE BLOG!!!

Kinderweb spel pret, plesier en omgee! Vir babas, kleuters , kinders sowel as mammas!! Niemand van ons is ooit te oud of slim om te leer nie – om idees, resepte en aktiwiteite te kan ruil is darem maar so lekker!

Laat ons hier ook so lekker saam gesels soos op ons facebook blad. Ek gaan ‘n onderwerp aanraak soos bv kindersiektes – maar dit hoef nie daarby te bly nie – raak ook iets aan as jy wil dat ons saam gesels.

Kinderweb is teen oordeel. Elke mamma ken haar kind die beste – niemand kan vir jou se wat die beste is vir jou kind nie – maar vir raad en liefde is daar altyd ‘n plekkie. Dus maak dit nie saak watter melk jou baba drink nie, hoe jou baba gebore is nie, wat jou kleuter eet of nie eet nie – kinderweb is daar om op die blad en blog jouself te wees en te weet hier gee ons om vir mekaar. Self as jy as mamma moeg, hartseer of sommer net af is – ons is hier vir mekaar!!!

Ons het in gemeen – ons is mammas – ons is bevoorreg om liefie kinders te kan he! Kom ons deel in hierdie voorreg en stap die kinderweb “pad” saam om daar te wees vir mekaar!!

Die blog sal elke dag iets op he!!

Ek sien uit na ons geselsies!

Sal ook die doeke pryse hier he!!