Kinders kan soms so wreed wees teenoor mekaar - soms omdat hulle so eerlik is en se wat hul sien en dink. Daar is die kere wat hulle wreed is om te boelie of spot - in meer as een vorm.
Dit is ons as ouers se plig om so ver ons kan ons kinders te leer hoe om sulke dinge te hanteer wanneer hulle aan die ontvang kant is - net so om hulle ook te leer om nie te se en doen aan ander wat hulle nie aan hulself gedoen wil he nie - ek leer altyd my kinders om voordat hulle iets doen en se te dink - HOE SOU EK GEVOEL HET AS MY MAATJIE DIT VIR MY GESE HET? OF DIT AAN MY GEDOEN HET?
Dit was skoolvakansie en 'n groepie kinders het op my mat gesit (hulle ouderdom het verskil) - ons het sommer gesels oor groente en vrugte. Daar was 'n seuntjie van 5jaar - ek het om gevra of 'n wortel groente of vrugte is? Hyt geantwoord "oranje" - die tweeling van 3jaar oud het vreeslik begin lag en gese "ag jy is baie dom" - ja 'n kind is net 'n kind. Daar is kere wanneer ons nie besef hoe wreed kinders teenoor mekaar is en wat dit aan hulle doen nie - die seuntjie van 5jaar het onder 'n tafel gaan sit en wou nie sy oe oopmaak nie en het bitterlik begin huil. Die tweeling was net eerlik en het nie besef dat hulle eintlik sy gevoelens baie seermaak nie - dit was 'n lessie wat hulle daardie dag geleer het deur sy reaksie te sien. So ook het die 5jarige seuntjie nie besef dat hulle klein is en dit nie so hard bedoel het nie. Soos ons as volwassenes ook maar uit situasies lewenslesse leer is die lewe so ook vir kinders 'n leerskool.
Ek hoor van 'n seun diep in die laerskool. Hy behaal A span in sport omdat hy die talent het. Tans gaan dit finansieel nie so goed by hulle nie. Blykbaar het een van sy maats een middag na skool by hom gaan speel - die maat kom uit 'n ryk ouerhuis waar alles is wat oop en toe kan maak - net die beste van alles. Die gewone playstation en gewone troeteldiere is vir hulle nie genoeg nie - alles net die beste en duurste (waarmee geen fout is nie) - dis net dat daardie maat nie geleer word wat werklik in die lewe belangrik is nie. Volgens die storie is die seun wat tans deur 'n moeilike tyd gaan se dstv tydelik af - die volgende dag by die skool het die A span daarvan gehoor en het die maatjie wat so ryk is almal ingetrek om daardie kind te bespot met "julle het nie eers dstv nie" ens ens - een van die ander kinders "nooi" toe die "arm seun" om saam snoepie toe te gaan en wys dat hy R40 het. "kom ek sal vir ons iets gaan koop dan voel jy beter" - by die snoepie aangekom begin die kind lag en se "ha ha ek sal nie regtig vir jou iets koop nie jys te arm" Sjoe julle dit laat mens besef wat ons vir ons kinders moet leer - LIEFDE EN GELUK is baie meer werd as geld! Ons moet ons kinders leer om respek te he vir alle kinders en mense maak nie saak of hul ryk of arm is nie of wie of wat hulle is nie. Ons kinders moet leer om te waardeer wat hulle het en liewer te deel as om te spog - hulle moet ook leer dat dit enige tyd van hul weggevat kan word omdat niemand van ons weet wat die dag van more inhou nie.
Sjoe julle, hierdie storie het my laat besef dat ek oor en oor my kinders moet leer DINK EERS HOE SOU EK VOEL AS MY MAATJIE DIT AAN MY GEDOEN HET OF VIR MY GESE HET.
Natuurlik is dit ons kinders se voorreg om playstations dstv en wat ookal te mag he - solank hulle dit waardeer en die mooi in die lewe nog kan raaksien - die reendruppel op n blom - 'n klein diertjie, die natuur die glimlag op mamma se gesig omdat die kind iets vir haar wys. Drukkies en lag en liefde. DAN om nooit ooit te dink hy is beter omdat hy meer het as ander nie.
Kinders bly maar kinders - maar ons as ouers moet hul leer van reg en verkeerd en hoe om almal te respekteer.
Besoekers tot op hede
Tuesday, March 27, 2012
Saturday, February 25, 2012
VEELS GELUK LIEWE MAATJIE,OMDAT JY VERJAAR...
KOM ONS HOU PARTYTJIE!!
Slapies word afgetel... oe die wonderlike gevoel wat 'n kind het wat weet hy/sy verjaar! Om daardie dag spesiaal toe voel en oe daai geskenke : ) dan die partytjie - kinders is mal oor partytjies.
'n Partytjie kan op soveel plekke gehou word :
By die huis in die tuin (waar 'n springkasteel gewoonlik lekker fun is)
Piekniek partytjie by die parkie of botaniese tuin
Daar is soveel venues wat gehuur kan word
Dan is daar die Spur partytjies....
Nog vele meer plekke is geskik om 'n lekker partytjie te hou.
Belangrik is om maar 'n "plan B" te he as jy bv 'n swem partytjie gaan he en dit dalk daardie dag koud is en reen.
Feestelike atmosfeer word veral geskep deur versierings en ballonne en in elke tema is daar soveel beskikbaar - ook wat jy self kan maak. Kleurryke plakkaat wat by die tema pas en se "welkom by my partytjie"
Servette,papierborde,bekers,tafeldoek,naamkaartjies,pakkies vir elke maatjie kan gekoop word of sommer self gemaak word dat dit by die tema pas. Kinders hou daarvan wanneer dit helderkleurig is.
Goeie idee is om 1 of 2 ekstra van alles te he,ingeval 'n ekstra maatjie/boetie/sussie ook saam kom.
A4 prent wat by tema pas met elke kind se naam op sy eie wat gelamineer word kan by die tafel gesit word vir plekmatjie dan kan elke maatjie dit ook huis toe neem.
Die verjaarsdagpartytjie is baie spesiaal vir die kind wat verjaar,en moet hy/sy ekstra spesiaal voel. "n goue kroon kan sommer self gemaak word en met speletjies kry die verjaarsdag maatjie natuurlik die eerste beurt. 'n Partytjie is ook groot opgewondendheid vir maatjies wat in die pret kom deel - hulle moet ook spesiaal voel. Gee vir hulle 'n klein ietsie om huis toe te neem wat se "dankie dat jy by my partytjie was"
Dit kan 'n klein pakkie lekkers wees
pakkie lekkers met 'n balon of klein speelding in
iets wat by tema pas kan ook werk bv as dit goggas is kan 'n gogga boksie oulik wees
Toiletrol kan mooi versier word en binne kan balon en lekkers wees.
Hier is ook baie ander idees - kom deel dit asseblief met ons.
VIR EERSTE VERJAARSDAG MAATJIES IS 'N PAKKIE MET 'N PURITY SAPPIE, KLEIN PAKKIE FLINGS EN 'N PURITY NAGEREG BOTTELTJIE IN BAIE OULIK.
EERSTE PARTYTJIE - 1 jaar oud!!
Hulle weet nog nie hulle verjaar nie,maar mamma weet en is so trots dat boet/sus nou al 'n volle jaar oud is! (ai tyd vlieg darem maar gou). Soms word so partytjie net met familie gehou, soms saam maatjies. Gee met die partytjie 'n cupcake vir die verjaarsdag maatjie wat hy/sy met hartelus kan lek,druk,krummel en lekkerrrrrr mors! - want mamma,ek word net 1x 1jaar oud! Neem fotos! Sulke kleine maats hou daarvan om met balle te speel, baie van hulle geniet die sandput en sal mal wees daaroor as iemand borreltjies blaas vir hulle.Sommige maatjies sal ook die klei baie geniet - maar dit gaan maar gewoonlik soos die sand mond toe : )
Vermaak op partytjies kan baie dinge wees
Swem
Speletjies speel
Springkasteel
Waterwurm
Towenaar
Nar
Ponies
Poppekas
Klei in bakkies wat hulle huis toe kan vat
Gesigverf
Borreltjies blaas
Balonne
Inkleurprente wat by tema pas.
Elkeen self bv sy eie pizza maak
Eie worsie braai vir boerewors rol
Mariekoekies met versiersuiker ens versier.
Die 1-3jaar maats sal balle, skopfietsies,trek en stoot speelgoed geniet asook swaai en klimraam die sandput geniet hul ook - toesig belangrik omdat hul maklik mekaar met sand gooi.
SPELETJIES:
Hier is 'n paar speletjies - Die meeste is van 3jaar +
(Onder 3jaar geniet ring around a rosie)
Musical chairs
Die donkie prent waar die stert met ogies toe op die regte plek gesit moet word (donkie kan vervang word met 'n prent wat by tema pas)
Vissie vang:
Maak 'n visstok met 'n lyn met magneet onder, dan maak vissies (kan sommer geprint word) elk met 'n paperclip op en 'n nommer. Maatjies vang dan vissies - die magneet sal die paperclip trek. Die vissie wat gevang is het 'n nommer en elke nommer het 'n prys bv suigstokkie,ballon ens.
Boontjiesakkie stuur:
Almal sit in 'n kring.
in die middel staan 'n kind en speel musiek
sodra musiek stop - bly almal botstil sit en die een wat dan die boontjiesakkie het kry dan weer 'n beurt om in die middel musiek te maak.
Seepbelkompetisie:
Meng beker water goed met vloeibare seep
elke kind kry glasie half vol seepwater
Die kind wat met strooitjie die grootste bol skuim in glasie blaas is die wenner.
Balletjie blaas:
Kinders maak 2 spanne en staan weerskante van tafel
Sit tafeltennisballetjie in middel van die tafel.
Die spanne blaas om die balletjie aan die kant van die teenspelers te laat afval.
Fluister-fluister:
Almal sit in 'n kring
Verjaarsdagmaatjie begin iets fluister in maat langs hom se oor,dit wat maat hoor moet hy weer in maat langs hom se oor fluister - so gaan dit aan totdat die maat aan die ander kant van maatjie moet se wat het hy gehoor.
Dit kan sinne wees soos - Sannie sleep sewe sakke sout of klein kraai wag om die draai.
Die koek is die verjaardagmaatjie se keuse - die koek bepaal gewoonlik die tema. (iets waarvan die kind baie hou bv die plaas of Dora of Nemo ens ens)
Barney ,teletubbies en Lollos is gewoonlik die 1ste 3jaar vir die kleintjies hulle gunsteling.
Die tafel met al die eetgoed hang ook af van die ouderdom asook of daar mammas ook gaan wees. Kinders hou van die soete dinge maar is net so lief vir southappies. Hier is 'n paar idees wat op die tafel kan kom vir kinders sowel as mammas (en pappas):
VRUG-SOSATIE:
Sny piesang in skywe
sprinkel suurlemoensap oor
sny ander vrugte in blokkies
ryg ook ander vrugte op tande of sosatiestokkies .
KAASSTOKKIES:
1 k gerasperde kaas
knippie sout
1 eier
2 eiergele
175g koekmeelblom
75g botter
voorverhit oond 180C
Sif meelblom en sout saam.
Vryf botter in
Bind mengsel met eier.
Rol uit en sny stokkies of rol in balletjies.
klits eiergele en smeer die deeg daarmee
Bak 10-15min
PEUSELSTOKKIES:
Maak klein sosaties - ryg blokkies op tandestokkies -
weense worsies
blokkies kaas
pynappel blokkies
kersietamaties
suuruitjies
KAASBALLETJIES:
250g kapok-aartappels
250g gerasperde kaas
1 eier
60g koekmeelblom
3ml bakpoeier
knippie sout,paprika en peper
gedroogte broodkrummels
olie
Meng alles saam en vorm balletjies. rol balletjies in gedroogde broodkrummels.
Verhit olie en braai in diep kastrol tot goudbruin.
WAATLEMOENBALLETJIES is ook 'n lekker happie
BILTONGBLOKKE:
Sny brood in dik snye en sny korsies af.
Sny elke stuk in 6 blokke.
Meng botter/margarien met marmite en bedek die blokke daarmee.
Rol dan in fynbiltong.
BROODSPINNEKOPPE:
Sny klein mini broodrolletjies deur.
Smeer margarien en sit gerasperde kaas op.
Steek niknaks aan die kante om bene ten pote te maak
2 rosyne vir oe
RYSVLOKKIEROOMYS:
20g margarien
10 malvalekker
halwe pak rice krispies
roomyshorinkies
Smel margarien en malvalekkers saam
voeg rysvlokkies by en meng goed.
Vorm bolletjies en sit bo-op roomyshorinkies.
BILTONGALBASTERS:
Gele van 3 gekookte eiers
225g maaskaas
gerasperde biltong
Vryf eiergele deur 'n sif. Meng met maaskaas.
vorm balletjies soos albasters
rol die balletjies in gerasperde biltong
plaas eers vir ongeveer 2 uur in yskas
Sit op tandestokkies voor.
JELLIELEMOENE:
1 pakkie jellie
lemoene
Sny lemoen middeldeur
Druk die sap uit en verwyder die vesels.
Maak jellie aan en vul die lemoendoppe daarmee.
Laat jellie stol
Sny elke halwe jellielemoen in die middel deur
Kom deel asseblief julle idees ook met ons
2 -3 ure is gewoonlik lank genoeg vir 'n partytjie.

Monday, February 13, 2012
LIEFDE UIT DIE HART
Hierdie lied se woorde is liefde vir n kind so diep uit die hart van ouer -jy kan daardie liefde eers verstaan as jy self 'n ouer is - daardie deel van jou hart wat buite jou lyf rond loop. Daardie onvoorwaardelike liefde,die volmaakte mensie wat joune is. Die eerste glimlag, die eerste tand, die eerste en kruip dan die eerste tree die eerste woord van jou kind is die wonderlikste gevoel.
Butterfly Kisses lyricsSongwriters: Carlisle, Bob; Thomas, Randy;
There's two things I know for sure
She was sent here from heaven
And she's daddy's little girl
As I drop to my knees by her bed at night
She talks to Jesus and I close my eyes
And I thank God for all of the joy in my life
Oh but most of all
For butterfly kisses after bedtime prayer
Stickin' little white flowers all up in her hair
Walk beside the pony daddy it's my first ride
I know the cake looks funny daddy but I sure tried
Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve a hug every mornin'
And butterfly kisses at night
Sweet 16 today
She's lookin' like her mama a little more every day
One part woman the other part girl
To perfume and make up from ribbons and curls
Trying her wings out in a great big world
But I remember
Butterfly kisses after bedtime prayer

You know how much I love you daddy
But if you don't mind
I'm only gonna kiss you on the check this time
[From: http://www.elyrics.net/read/b/bob-carlisle-lyrics/butterfly-kisses-lyrics.html]
Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve her love every mornin'
And butterfly kisses at night
All the precious time
Like the wind the years go by
Precious butterfly
Spread your wings and fly
She'll change her name today
She'll make a promise and I'll give her aways
Standing in the bride room just staring at her
She asked me what I'm thinkin'
And I said I'm not sure
I just feel like I'm loosin' my baby girl
And she leaned over
Gave me butterfly kisses with her mama there

Walk me down the isle daddy
It's just about time
Does my wedding gown look pretty daddy?
Daddy's don't cry
Oh with all that I've done wrong
I must have done something right
To deserve her love every mornin'
And butterfly kisses
I couldn't ask God for more than this is what love is
I know I've got to let her go but I'll always remember
Every hug in the mornin' and butterfly kisses
Is dit nie pragtig nie?

Sunday, February 12, 2012
.... En toe is daar kinders ......
Daardie eerste gevoel van 'n "vlinder" in jou maag- jou hart wat so lekker warm klop en jou gedagtes word oorgeneem deur een mens. Die son skyn mooier, blomme ruik ekstra lekker,voeltjies sing mooier en jys heeltyd in 'n vriendelike bui omdat jy die glimlag van jou gesig nie kan keer nie - jys verlief! Watter wonderlike gevoel!! Jy sien uit na elke afspraak - doen moeite om die hare mooi en reg te kry, die gesig kry ook natuurlik baie aandag om die lippe en oe op hul mooiste te maak. Klere word dae vooruit beplan. Jy moet onweerstaanbaar lyk en alles moet net perfek wees. Sorgelose dae van etes en fliek, gesels tot die son amper weer moet opkom. Om verlief te wees is darem maar so lekker!! Om in daardie persoon se oe te kyk en geen fout te kry nie - amper volmaak. Liefde wat jy met jou hele wese voel. Daardie romantiese etes waar jy ure voor die tyd mooi moet maak omdat jy wil word op 'n dag soveel anders want toe is daar kinders. Romantiese etes verander in etes tuis gewoonlik koue kos omdat jy nie kon eet nie want baba het gehuil. Ure spandeer sodat jy mooi kan lyk het verander in klere oor jou kop gooi n borsel deur jou hare te trek en dan weer daar te wees vir baba - die heerlike soete parfuum reuk word vervang met 'n blerts van baba se uitgespoegte melk op jou skouer. Ure se gesels totdat die son wil opkom het verander in ure se winde uitvryf en op en af stap deur die huis met 'n huilende baba. Daardie eindelose energie van tye in jou dae van verlief wees word vinnig verander in moegheid wat jy nooit geken het nie. Daardie mensie hou jou wakker - jy slaap byna nooit. Dag in en dag uit. Later is baba skool toe en volgende baba is in die huis. Tussen doeke, bottels en winde uitvryf moet Boeta se kosblik gepak word vir skool, moet oueraand bygewoon word en dan is daar die rugby waarna Boeta so uitsien en dus word die doeksak gepak, die waentjie gelaai en is almla daar om Boeta te sien rugby speel. Terwyl jy langs die veld op en af stap en sus want baba is moeilik in die vreemde omgewing. Terug tuis le die hoop wasgoed nog en wag - sodra baba slaap is dit die kans om dit gou te was - van klippe,tot goggas , papiere en albasters moet eers uit Boeta se sakke gehaal word voordat sy broeke in die was kan kom. Skaars begin dan huil baba weer en Boeta roep hyt hulp nodig met huiswerk. Soms kry jy nie kans om te dink nie - jys net te besig en wonder dan waar is daardie romantiese sorgelose dae heen? Vanaand wanneer alles en almal stil is en rustig slaap gaan kyk jy na daardie engeltjies wat so soet slaap en dan weet jy dis selfs nog lekkerder as romantiese sorgelose dae - dis jou rykdom, jou lewe en jou eie ......
Tuesday, February 7, 2012
WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT
Hierdie is in Stropieland se prospektus :
WANNEER JY EN JOU KINDERS PRAAT
Wees versigtig met wat jy vir jou kind sê,
omdat dit wat jy sê, in sy denke vasgelê word.
en vir altyd deel word van sy gevoelswêreld.
Kies jou woorde versigtig,want woorde
het die vermoe om jou kind se selfwaarde
te versterk of af te breek,
om seer te maak of te inspireer
om aan te moedig of te ontmoedig!
My kinders het die voorreg om hul Gr R jaar by Stopieland te doen by 'n wonderlike juffrou Selma. Hierdie woorde leef sy so mooi uit in haar klassie. Dit is wat elke kind verdien, by die skool en veral tuis. Ons as ouers is ook net mense en raak soms kwaad, moeg en moedeloos - voordat ons te vinnig praat in woede moet ons eers 'n sekonde stil raak en dink - "hoe sou ek gevoel het as iemand dit vir my gesê het?" Woorde van lof en prys laat 'n kind goed voel oor homself en versterk daardie gedrag wat met soveel lof en prys aangespreek word. Ongelukkig is dit so dat negatiewe woorde die selfbeeld kan afbreek en skade doen nou en altyd. Daardie woorde sny diep wonde in die kinderhart. Een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee is om hom groot te kan maak deur sy selfwaarde te versterk om hom aan te moedig om te leer en met 'n vrolike hart te leef om in homself te kan glo sodat hy as volwassene die lewe vierkantig in die oe kan kyk en weet hy is uniek en spesiaal.

Sunday, February 5, 2012
KINDERS LEER SOOS HULLE LEWE.
Hierdie het ek al so baie gelees - en dit is BAIE WAAR - ek weet nie wie is die skrywer nie - indien jy weet laat weet my asseblief.
KINDERS LEER SOOS HULLE LEWE
As n kind met sarkasme saamleef
Leer hy om snedig te wees.
As n kind met vyandigheid saamleef
Leer hy om te baklei.
As 'n kind met bespotting saamleef
Leer hy om sku te wees.
As n kind met skande saamleef
Leer hy om skuldig te voel.
As n kind met verdraagsaamheid saamleef
Leer hy om geduldig te wees.
As n kind met aanmoediging saamleef
Leer hy om vertroue te he
As n kind met lof saamleef
Leer hy om te waardeer.
As n kind met billikheid saamleef
Leer hy om te waardeer.
As n kind met goedkeuring saamleef
Leer hy om geloof te he.
As 'n kind met aanvaarding en vriendskap saamleef
Leer hy om liefde in die wereld te ontdek.

Saturday, February 4, 2012
SPEELGOED WAT HANDE 'SLIM EN STERK' MAAK
Speelgoed wat hande "slim en sterk" maark, vingertjies voor begin berei op skrif - kom ons kyk na daardie speelgoed:
BLOKKIES is baie goeie oefening vir handjies. Die kleiner blokkies wanneer die peuter 'n kleuter word verg redelike spierkrag om die blokkies inmekaar te druk en weer uitmekaar te haal.
RYG van krale ens is uitstekende oefening vir oog -handkoordenasie.
Vingerspiere kry goeie oefening wanneer proppe en deksels op en afgeskroef word.
VETKRYT EN POTLODE gee ook oefening aan vingers en handjies wanneer geteken word. Om uit tydskrifte prente te skeur of knip is ook aktiwiteite wat help om oog-handkoordinasie te verbeter.
VERF is natuurlik groot pret vir kleuters. Strepe kan met die vingertjies geverf word,of kolletjies met vingerpunte gedruk word. Hand of voet kan geverf word en dan op papier gedruk word.
PENNETJIEBORD is baie goeie oefening vir hande!
LEGKAART bou is wel goed vir perseptuele vermoens,maar is ook baie goed vir handfunksie om al die dele inmekaar te pas.
KLEI wat gerol,druk en trek word is altyd lekker vir kleuters om mee te speel veral wanneer koekdrukkertjies ook gebruik kan word. Die klei verskaf goeie oefening vir vingertjies.
BALSPELETJIES is belangrik en bevorder oog-handkoordinasie. So ook die speel met BOONTJIESAKKIES.
Nog 'n idee om daardie handfunksie oefening te gee is 'n slaansak. Ook help dit met oog-handkoordinasie asook tydsberekening. Natuurlik hou die slaansak ook die voordeel in dat 'n gefrustreerde kleuter so van sy aggressie ontslae kan raak.
Wanneer sussie haar POP aan en uit kan trek gee dit haar hande lekker oefening. Ook as sy daardie klere was, self probeer om dit uit te droog en op te hang met die wasgoedpennetjies.
VINGERPOPPIES is 'n oulike idee wanneer die kleuter stories met sy vingertjies vertel.
INKLEUR gee goeie oefening vir hande en wanneer daar probeer word tussen die lyne inkleur is dit voorbereide oefening vir skrif, oog en hand leer so om beter saam te werk.
SPEELGOED SELFOON kan vir daardie hande lekker oefening gee wanneer 'n nommer "gebel" word en die vingertjies elke knoppie vir die nommer druk.
Lekker speel! : )

Wednesday, January 18, 2012
Om 'n mamma te wees
Hier is nou geen feite of inligting in die skrywe nie - dit kom so uit die pen van 'n mamma.
Om 'n mamma te wees betken jou hart loop buite jou lyf rond - want kyk, niemand kan vir jou kindertjie voel wat jy voel nie. Dis 'n onvoorwaardelike liefde. Is jou kind nie die mooiste ooiste in die wereld nie? Natuurlik!
"n kind is 'n wonderlike geskenk. As mamma vertroetel en versorg jy daardie splinternuwe kleine baba. Jy kan skaars jou oe afhou van daardie pasgebore baba en daardie eerste huil kan jy nog onthou so vars na die geboorte. Om 'n mamma te wees is regtig harde werk, maar oe so wonderlik!
Jy gaan saam jou kind deur elke fase - geboorte, 3maande, 6maande - waar jy in daardie tyd kennis maak met huil, doeke , winde, eerste smile, lag later begin sit, kruip, staan en loop. Daardie eerste woord - wat 'n voorreg!
Dan kom die oulike sê goed! Asook alle idees en wil van 'n peuter en kleuter. Kyk om 'n ma te wees beteken jy ken 'n nuwe taal wat nog in geen boek geskrewe staan nie, want jy verstaan so hier en daar wat spruit sê. Jy LOVE elke woord - want dis JOU baba!
Moenie vergeet van voer nie - dis van eetstoel na loopring of waar jy ook jou kindertjie of baba voer. Jy trek snaakse gesigte, lag, maak geluide en doen wat jy ookal kan aan begin dink om daardie bekkie oop te kan kry om te hap!
Ons praat nie veel uit oor slaap nie - dis soms 'n "teer" saak - ag dis ok - ons bly hul lief! Al is daar al swart en duidelike kringe onder mamma se oë - al moet daardie mamma haarself uit die bed basies sleep om haar liggaam tot 'n regop posisie te kry, en is slaap 'n mooi herinnering van lank lank gelede.
'n mamma weet haar motor se ruite is vol "stempels" he he baba en kleuter se hande was daar!
Was mamma wasgoed kry sy vreemde dinge - dis asof die broeke van seuntjies se sakke gepak is met skatte - papiere, albaster, kleine klip, 'n stuk wat ookal, of dalk 'n karretjie.... om nie van goggas te praat nie!
Ons kindertjies is soos engeltjies - en elke tantrum en bui word so gou vergeet want hulle is ons spesiale geskenke - net ons sin!
Moet vertel van 'n paar dae terug. Speelgoed met "klokkies en liggies" is mos maar tops in die oë van babas en kinders. So het baba 'n sleutel - nogal cool - liggies en sing te oulik - was een van die boeties se sleutel op 'n tyd jare terug. Ag jinne maar sy speel so lekker daarmee. Sjoe, toe kom die aand - iewers is fout. Baba se sleutel sing en flits sonder ophou. Die lig is al verby flou - maar sing sing daardie sleutel. Later bekyk pa die sleutel. Nee sug pa, daar is nie 'n battery om uit te kan haal nie. Wel, sleutel sing non stop! aan en aan en aan.... Tyd om te gaan slaap... niemand kan slaap met 'n sing sonder ophou! Now what? Voor die huis is dit te naby aan die skaapkamers. Langs die huis aan albei kante is bure baie naby en agter ook - sing , sing die sleutel en stil kan hy nie! Nou ja, die oplossing was in die vrieskas!!!! Daar is sleutel vir die aand - niemand hoor die gesing! Die volgende oggend was sleutel darem stil! true story!
Kom deel asseblief julle wonderlike gevoel om 'n mamma te wees asook sulke gevalle soos onse sleutel.....

Tuesday, January 17, 2012
ADHD
Hier is so ietsie oor ADHD wat ek met julle kan deel - daar is redelik baie websites as julle wil gaan google vir meer inligting en feite. Hierdie skrywe is omdat 'n mamma op ons blad daaroor gevra het. Groot asseblief , indien julle kennis het, deel dit met ons - ek glo hoe meer ouers hul kennis kan uitbrei hoe makliker sal dit vir hulle wees om ADHD te hanteer.
Wanneer 'n kind baie woelig is of selfs baie dagdroom en dus nie op 'n gegewe taak kan fokus nie word begin kyk of die kind dalk ADHD het. Daar is redelik baie "simptome" wat na gekyk word soos : (maar dit is so dat 'n kind nie al die simptome het nie en elke kind verskil)
DAGDROOM
AANDAG WORD BAIE GOU AFGELEI
STEUREND IN KLAS
WOEDEBUIE
STEEL
KOM MOEILIK OOR DIE WEG MET ANDER KINDERS
JOK BAIE
WORD BAIE GOU GEFRUSTREERD
IS VERNIELSUGTIG
MAAK BAIE GELUIDE
IS IMPULSIEF
HUIL MAKLIK EN DIKWELS
ONVOORSPELBARE GEDRAG
UITDAGEND
OPVLIEEND
BAIE GRETIG TEVREDE TE STEL
Hierdie is slegs maar 'n paar .
Gewoonlik sal 'n pediater na die kind kyk en vrae vra ens om te sien of dit wel ADHD is.
Indien jou kind ADHD het probeer soveel moontlik ingligting kry.
Fokus meer op positiewe gedrag as op die negatiewe (probeer dit eerder waar moontlik is ingnoreer)
Enige kind toets grense- moet net NOOIT ingee nie omdat dit versterk negatiewe gedrag.
Die kind met ADHD het baie oefening en gereelde peuselgoed nodig.
Beperk suiker.
Vermy sover moontlik kleur-geur asook preservermiddels.(gaskoeldrank, verwerkte vleise, pasteie ens.)
Gee soveel moontlik
Rou groente
Vrugte
Heelgraan produkte.
peuselhappie idees:
Neute
Kersie tamaties
Wit springmielies
Kaas
Rou baba worteltjies
Baba mielies
Ongegeurde biltong.
"n baie oulike boek met geskikte resepte is : EET VIR VOLGEHOUE ENERGIE 2 geskryf deur
Gabi Steenkamp.
Ek glo daar is baie ouers wat meer sal weet - ook of jul medikasie vir jul ADHD kinders gee of het jul 'n ander manier. Deel dit groot asseblief met die ouers wat nuut is hiermee en graag meer wil weet.

Monday, January 16, 2012
SO WAAR ......
If I had my child to raise all over again,
I'd build self-esteem first, and the house later.
I'd finger-paint more, and point the finger less.
I would do less correcting and more connecting.
I'd take my eyes off my watch, and watch with my eyes.
I'd take more hikes and fly more kites.
I'd stop playing serious, and seriously play.
I would run through more fields and gaze at more stars.
I'd do more hugging and less tugging.

Sunday, January 15, 2012
KINDERS IS DIE GROOTSTE GESKENK
THE GIFT
by Melinda Poulsen
Her little arms reach out to me
When I walk in the room,
This special little spirit, yes
This child of my womb
The trusting smile she gives to me
While gazing in my eyes,
It causes me to feel as though
I've won the greatest prize
The dimple from her Daddy flashes
In her rosy cheek,
The love I feel inside for her
So strong I cannot speak
I hold her close and kiss her brow
And whisper of my love,
I say a prayer of gratefulness
And send it up above
Her Mother? What could I have done
To earn this gift, this right?
I'm still not sure, but I'll thank God
I'm still not sure, but I'll thank God
Each morning and each night.
SO IETSIE RAAK GELEES EN WIL MET JUL DEEL...
My Mother kept a garden,
a garden of the heart,
She planted all the good things
that gave my life it's start.
a garden of the heart,
She planted all the good things
that gave my life it's start.
She turned me to the sunshine
and encouraged me to dream,
Fostering and nurturing
the seeds of self-esteem...
and encouraged me to dream,
Fostering and nurturing
the seeds of self-esteem...
And when the winds and rain came,
she protected me enough--
But not too much because she knew
I'd need to stand up strong and tough.
she protected me enough--
But not too much because she knew
I'd need to stand up strong and tough.
Her constant good example
always taught me right from wrong--
Markers for my pathway
that will last a lifetime long.
always taught me right from wrong--
Markers for my pathway
that will last a lifetime long.
I am my Mother's garden.
I am her legacy-
And I hope today she feels the love
reflected back from me
Author unknown
I am her legacy-
And I hope today she feels the love
reflected back from me
Author unknown
Saturday, January 14, 2012
DIE LIEWE OU TANTRUMS!!!
Wat is die moelikste"beroep" wat baie hoë eise aan jou stel? Sonder vakansie of geldbonus? Jy ontvang geen werksomskrywing nie, en ontvang ook nie 'n handleiding nie?
OUERSKAP!!!
Sjoe, wens ons as ouers nie soms ons het Salomo se wysheid nie!
Ouerskap is 'n 27/7 "beroep". So lief as wat ons vir ons kinders is,is ons steeds net mense wat foute kan maak en moeg kan word. Ons is dus nie volmaak nie. Soms gaan dit so rof in die huis tussen dag tot dag takies, werk en kinders dat ons brein so besig is om te dink wat kom volgende dat ons nie mooi fokus op wat ons doen nie en dan beland die sleutel in die yskas en jy vergeet om jou selfoon hoog te sit, net om dit in stukke te kry omdat baba dit gegooi het.
Om 'n ouer te wees is regtig harde werk, maar dis lekker en 'n voorreg. Een van die groot monsters waar ons as ouers teen moet veg is die bekende TANTRUMS (soos wat dit meer bekend is). Een of ander dag tref dit elke gesin.
'n Seuntjie van 4jaar het eendag toe sy klein sussie huil sy ma geroep en gesê "mamma,sussie gooi alweer 'n pamper!" He he, so tussen doeke en tantrums het hy bietjie deurmekaar geraak.
ONS GESELS BIETJIE OOR HIERDIE WOEDE BUIE:
Kinders toets grense - hulle is meesters daarin! Hulle weet presies hoe om ons as ouers te speel en te manipuleer om hulle sin te kry. Om in te moet gee ter wille van vrede, is om indirek vir jou kind te sê "tantrum, dan kry jy jou sin!". Die beste is om sover moontlik daardie "uitbarsting" te probeer vermy. Roetine is belangrik, dinge soos bad, eet, slaap ens op dieselfde tyd sodat die kind later presies sal weet wat volg na wat. Indien jou kleuter lekker speel en jy weet dis amper tyd om te bad, gaan na hom en vertel hom dat hy nog net 'n rukkie se speel oor het dis amper tyd vir bad.
Moenie die winkels aandurf met 'n honger of moeg kleuter nie. Indien kleuter by is wanneer inkopies gedoen word, betrek hom deur te gesels en laat hom ook keuses maak (beperk) met iets soos "moet ons die pienk of die blou seep koop?" Wanneer jy iets van die rak afhaal gee van dit vir die kleuter om in die trollie te laai. Sodra die speelgoed amper in sig is, loop vinnig verby terwyl jy wys na die ander kant en bv sê "ek wonder of die suiker op daardie rak sal wees?"
Prys en gee lof vir goeie gedrag. 'n Beloningskaart werk gewoonlik goed vir goeie gedrag.
Die kleuter moet leer hy/sy kry genoeg liefde, aandag en empatie en hoef dus nie aandag te soek op 'n "tantrum" manier nie. Wanneer jy dan met die kleuter raas fokus jy net op hom en is dit aandag vir hom, daarom doen hul dit graag. Negatiewe aandag is vir hulle beter as geen aandag. Kleuters moet geleidelik leer aanvaar dat sy ouers nie uitsluitlik daar is om net aan hom aandag te gee nie. Daar moet wel tye uitgesonder word wanneer hy wel op sy ouers se volle aandag aanspraak kan maak.
HY/SY IS NET STOUT (?)
Die kind word soms as stout gesien oor sy optrede. Sou ons bietjie "dieper" na sy stoute optrede gaan kyk kan die optrede eintlik dalk wees omdat die kind verveeld is, bietjie afgeskeep voel, selfs jaloers voel, moeg of honger is. Ek glo nogal aan die bekende woorde " 'n verveelde kind is 'n "stoute" kind.
Wanneer hulle moeg of honger is volg gewoonlik 'n "tantrum".
Na middagete kan hul bloedsuiker dalk later die middag val. Iets soos kaas, koue vleis, yogurt of peanut butter brood is 'n goeie idee vir 'n happie tussen middag en aandete. Koekies en lekkers in daardie tyd kan hul aandete beinvloed omdat dit hoog in suiker is. Dit kan weer lei dat die kleuter sleg slaap omdat hy nie goed geeet het nie en dan kan hy more weer moeg opstaan wat later deur die dag weereens na tantrums kan lei.
Wanneer die kind tantum is dit altyd 'n goeie idee om aandag te probeer aftrek met iets anders. Dit is baie belangrik dat jou kind sal weet daardie optrede is onaanvaarbaar. Hulle moet altyd weet wanneer jy nee sê bedoel jy dit. Jy gaan nie ingee nie. Jou kind sal begin leer dat jy ernstig is daaroor as jy elke keer wanneer jy nee gesê het en jou kind hou steeds aan, dadelik optree deur die kind weg te vat, selfs al skop skree en huil hy. Jy moet vir die kind altyd laat weet dat daardie optrede onaanvaarbaar is.
Kom gesels saam oor tantrums en deel asseblief julle idees en raad met ons.

Thursday, January 12, 2012
Wanneer baba nie wil begin eet nie
Wanneer baba nie wil eet nie, raak 'n mamma gewoonlik baie bekommerd. Gelukkig tot op 'n jaar is melkies nog baie voedsaam. Dis wel so van 6 maande af wat baba al begin eet. Soms voor dit en soms eers later - want elke baba verskil. As baba kos weier - stop eers vir 'n week of so en probeer dan weer. Daar is baie babas wat regtig nie van pap hou nie. Probeer dalk ook 'n ander tipe pap as baba dit weier. As dit steeds nie werk nie - probeer bv butternut. Dis regtig nie 'n probleem as baba in die begin pampoen in die oggend eet nie - solank baba gewoond raak aan die idee om kos van lepel te hap en aan die nuwe smaak en tekstuur gewoond kan raak. Vrugte werk gewoonlik goed - maar dis bietjie soeter as groente en mag baba dan nie maklik oor wil gaan na groente nie Wanneer baba reg is sal baba eet. Wanneer baba nie van 'n sekere iets hou nie soos dalk patat - moenie dit net los nie - probeer oor so 2 weke weer dan weer en weer - dit vat hulle maar soms 'n rukkie om aan al die smake en tekstuur gewoond te raak. Wanneer hul al vingerkos kan eet is dit vir hulle lekker om self die kos in hul hand te kan hou en self te eet. Dis baie belangrik om nie te probeer wanneer baba te honger (dors) is of moeg is nie. Voer hom wanneer hy rustig en gelukkig is. Hou net aan en deel met ons wat vir julle gewerk het.
Monday, January 9, 2012
KOS EN SPRAAK LOOP HAND –AAN- HAND? KAN DIT WEES? JA DEFINITIEF!
Daardie eerste
happie kos – ag is dit nie oulik nie? Die gesig wat trek of lyfie wat so gril! Soveel
van ons lê daardie eerste happie vas op kamera , baba het begin eet. Dis iets om altyd te onthou. Die eerste
happie. Kossies is belangrik vir baba se fisieke ontwikkeling MAAR net so
belangrik vir sy SPRAAKONTWIKKELING.
Hoe kan dit
moontlik wees wonder ons? Dus word baba se spraakorgane gebruik vir basiese
funksies : suig, sluk, kou voor dit vir spraak gebruik kan word.
Baba se eerste
tongbewegings is suig en sluk – ja dis vooroefening vir latere spraak! Baba
drink - hy moet sterk suig – dit
versterk lip- en tongspiere wat mondspiere die nodige oefening gee vir latere
spraak.
Wanneer baba die
eerste keer begin eet is dit baie fyn kos wat baba van lepel kan ”suig’ . Later word baba gewoond aan die
smaak asook vreemde tekstuur en dan hap baba die kos van die lepel af. Nou ja,
dis sowaar die vooroefening vir klanke soos P, B en M wat baba in babbelspraak
gaan begin gebruik.
Soos die tyd
begin stap raak dit tyd vir ‚n vingerkoekie. Baba begin aan koekie suig en kou
– weereens vooroefening vir spraak! Om uit ‚n bekertjie te drink is baie goeie
oefening vir die lippe. Om te lek
, bv aan roomys is oefening vir die tong. Sodra baba aan ‘n strooitjie kan suig
en drink is dit weer fyner lip- en suigaksie.
Al die tongklap- lip- en keelgeluide wat die baba maak
terwyl baba babbel is baie belangrik .
Dit sal goed wees om baba dan aan te moedig. Herhaling van geluide en klanke sal spraakspiere nodige oefening laat kry.
Watter voorreg om
deel te kan hê aanso mensie se ontwikkeling!
Wat wil jy byvoeg of sê? Deel dit asseblief met ons?
Sunday, January 8, 2012
WELKOM BY KINDERWEB SE BLOG!!!
Kinderweb spel pret, plesier en omgee! Vir babas, kleuters , kinders sowel as mammas!! Niemand van ons is ooit te oud of slim om te leer nie – om idees, resepte en aktiwiteite te kan ruil is darem maar so lekker!
Laat ons hier ook so lekker saam gesels soos op ons facebook blad. Ek gaan ‘n onderwerp aanraak soos bv kindersiektes – maar dit hoef nie daarby te bly nie – raak ook iets aan as jy wil dat ons saam gesels.
Kinderweb is teen oordeel. Elke mamma ken haar kind die beste – niemand kan vir jou se wat die beste is vir jou kind nie – maar vir raad en liefde is daar altyd ‘n plekkie. Dus maak dit nie saak watter melk jou baba drink nie, hoe jou baba gebore is nie, wat jou kleuter eet of nie eet nie – kinderweb is daar om op die blad en blog jouself te wees en te weet hier gee ons om vir mekaar. Self as jy as mamma moeg, hartseer of sommer net af is – ons is hier vir mekaar!!!
Ons het in gemeen – ons is mammas – ons is bevoorreg om liefie kinders te kan he! Kom ons deel in hierdie voorreg en stap die kinderweb “pad” saam om daar te wees vir mekaar!!
Die blog sal elke dag iets op he!!
Ek sien uit na ons geselsies!
Sal ook die doeke pryse hier he!!
Subscribe to:
Posts (Atom)